Ex-con verniel helper se lewe

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N EX-CONVICT wat hy uit die goedheid van sy hart gehelp het, het nou sy hok aspris afgebrand.Al wat oor is, is as en verbrande hout.Naven Koert (23) van Glendinningstraat, Schauderville, in die Baaise noordelike gebiede is upset dat sy goeie daad in sy gesig teruggegooi is.Koert het ’n man jammer gekry nadat hy onlangs uit die tronk gekom het. Hy het vir hom slaapplek aangebied in die agterste hok op die jaart van sy familiehuis.Die man sou andersins op straat gebly het, want die vorige mense by wie hy gebly het, het hom uitgeskop. Dinge het goed gegaan totdat vir die gewese tronkvoël gesê is hy kan nie meer daar bly nie.Die man was glo in die tronk vir roof of huisbraak.Die brand het Sondag­oggend kort ná middernag uitgebreek.Koert het na sy huis gegaan en gesien dit brand.Hy en sy vriend Michail Roberts het tevergeefs die brandende hok probeer red.Hulle het eers die mat, wat eerste aan die brand geraak het, probeer uittrek, maar teen daai tyd was die vlamme reeds te erg.Die huis het amper ook aan die brand geslaan.“Ek ken hom en ons het saam grootgeraak. Toe vra ek my ma of hy maar hier kan slaap en sy het ‘ja’ gesê.“Maar iemand het vir hom gesê ons soek hom nie meer hier nie, want hy bring vreemde gesiggies hierheen.”Dit was die laaste strooi en die tronkvoël het toe sy eie slaapplek aan die brand gesteek.NIKS OOR: Naven Koert vertel ’n eks-gevangene het sy hok aan die brand gesteek.Foto’s: DEON FERREIRAIn die harwar het Koert uit die hoek van sy oog gesien hoe die tronkvoël met matras, sak en al van die huis af wegloop.“Ek het nog vir hom kos gegee voordat hy dit gedoen het. Voor hy daar weg is, het hy vir ’n ander ou gesê: ‘Watch hoe gaan iemand se plek nou brand,’ ” sê Koert.VerskoningKoert het dieselfde aand in Highfieldweg in hom vasgeloop en hom daaroor gekonfronteer.“Ek het hom gevra hoekom hy dit gedoen het, maar hy kon my nie ’n antwoord gee nie. Hy het nie eens om verskoning gevra nie.“Ek verstaan nie, ek probeer net goed wees. “Dit was toe nie die moeite werd nie.”Intussen het Koert en sy gesin die tronkvoël vergewe en besluit om nie ’n saak van brandstigting by die polisie te open nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ex-con-verniel-helper-se-lewe-20180930

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.