Fan kry drie drome in een

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

HY WOU die haka saam met sy rugby-heroes doen, maar was bang hy lyk possessed. Stephen Sass (24) het Saterdag voor die wedstryd tussen die All Blacks en die Springbokke Nieu-Seeland se volkslied gesing. Dit was die laaste game van vanjaar se Rugby Championship.Vir Stephen was dit ’n groot oomblik, maar sy suiwer stem het die skare op Loftus Versfeld in Pretoria bekoor.Die singery was nie die enigste asemrowende ervaring nie. Hy het ook meters van sy heroes af gestaan terwyl hulle die haka perform het.Die singdroom kom al ’n lang pad. Stephen is in Groenbossies in ’n musikale familie gebore. Musiek maak is dus in sy bloed.Hy en sy ouers het tussen Port Elizabeth en Zambië getrek as gevolg van sy pa, Vivian Sass, se werk.In 2007 is hulle Queenstown toe.Stephen Sass Hier het Stephen by die Queen’s College Boys’ High School skool klaargemaak.Hy het aan die Nelson Mandela-Universiteit ’n graad in wetenskap voltooi en toe Pretoria toe getrek. Stephen studeer tans aan die Universiteit van Pretoria om ’n dokter te word. Hy kry oor twee jaar graad.Hoewel dit sy groot droom is om ’n dokter te wees en terug te ploeg in die gemeenskap, sal hy nie musiek opsy skuif nie.“Ek het van kleins af gesing. My ouers het nou nog ’n recording van my wat op 18 maande oud ’n Céline Dion-liedjie sing. Hulle sê vir my ek kon sing voordat ek kon praat.”Soos Stephen grootgeword het, het hy baie met die kore by sy skool en kerk te doen gehad. In Mei vanjaar het hy sy CV en ’n paar video’s vir die Suid-Afrikaanse Rugby­unie (Saru) gestuur.In September het hy gehoor hy kan sy span, die All Blacks, se lied sing.Saterdag het meer as 50 000 mense in die skare na hom geluister. Baie het saam gesing en vlae geswaai.“Voor die tyd was dit senutergend, maar toe ek eers begin sing het, het al die nerves verdwyn. groot oomblik: Vivian (links) en Winnie Sass, Stephen se ouers, is geweldig trots op hom. FOTO’S VERSKAF“Ek is van kleins af ’n groot All Black fan en van alles waarvoor hulle staan. “Ek wou die haka saam doen, maar wou nie soos ’n mal, possesed persoon op die sideline lyk nie.” Stephen sê hy is in die wolke dat sy span (met 32-30) gewen het, maar gee toe die Bokke het goed gespeel.“Ek het my familie en my vriende verteenwoordig.“Sonder hulle ondersteuning sou ek dit nie gemaak het nie. “Ek is dankbaar vir God, wat dit vir my moontlik gemaak het.” Nog ’n kersie op die koek was dat Stephen uitgehang het saam met Refentse, wat Sater­dag die Suid-Afrikaanse volkslied gesing het.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/fan-kry-drie-drome-in-een-20181008

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.