Gangster-koeëls eis meisie se lewe

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

NOG ’n koeël uit ’n gangster se gun het die lewe van ’n onskuldige jong meisie in Mitchells Plain geëis.Ruwayda van Rheede (18) is noodlottig in die linkersy en maag gewond toe sy in die bendes se kruisvuur beland het.Die voorval het Dinsdagaand om 21:35 in Leeubekkiestraat in Lentegeur plaasgevind.Ruwayda se hartseer ma, Kamiela van Rheede (43), verduidelik: “Ek het die skote gehoor en uitgehardloop om te kyk waar Ruwayda is. Iemand het geskree dat my kind geskiet is.Gesterf“Sy het op die kragboks gesit by haar vriende toe drie mans verbykom en op hulle losbrand.“Sy het nog gelewe en is met die ambulans na die Mitchells Plain-hospitaal geneem waar sy op die operasietafel gesterf het. “Sy het te veel bloed verloor.”Ruwayda se pa, Shafier (51), sê: “Sy het nog met my gepraat terwyl sy vir die ambulans gewag het. “Sy het gevra of sy geskiet is en het gesê haar linkersy is seer.”Ruwayda se familie het haar as ’n stil en rustige persoon beskryf.Volgens lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, is niemand nog gearresteer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/gangster-koeels-eis-meisie-se-lewe-20190220

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.