Gangsters maai nóg 2 af in Lavis

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

NÓG twee mense is dié week in Bishop Lavis afgemaai in bendegeweld.Clifton May (34), ’n Rastafariër wat in Clarke Estate gewoon het, is Dinsdag helder oordag vol lood gepomp.Hy was op pad huis toe vanaf vriende toe hy verskeie kere geskiet is. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk. Die voorval het omstreeks 14:30 in Koppiesdamstraat, oorkant die William Mason-sokkerveld, in Bishop Lavis gebeur.Volgens Samantha Bebe (22) was haar broer nie ’n gangster nie.Sy sê: “Hy het sy vriend, wat in Bishop Lavis woon, se hond huis toe geneem.“Toe hy terugkom, het die jongens hom geskiet. “Hy is in sy nek, kop en sy geskiet.Gepla“Hy was baie lief vir honde en was nie ’n gangster nie.“Almal het hom geken en hy het nie mense gepla nie.“Ons is baie hartseer, want ons ma is net twee maande gelede dood.”Die skietvoorval volg kort nadat ’n 20-jarige man Maandagaand in Bishop Lavis doodgeskiet is.Graham Lindhorst, voorsitter van dié voorstad se gemeenskapspolisiërings­forum, sê bendegeweld in die gebied is ’n groot kopseer.Volgens Lindhorst veg die bendes oor drug territory, en intussen word onskuldige mense doodgeskiet.Hy sê: “Meer polisielede word benodig om bendegeweld in die gebied te stop.”Volgens lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, is niemand nog gearresteer nie en is die polisie besig om die moorde te ondersoek.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/gangsters-maai-nog-2-af-in-lavis-20180926

Share this page to Telegram

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.