Gangsters se koeëls eis nóg

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DRIE vermeende gangsters is gister helder oordag in Mitchells Plain afgemaai.Nog een is ernstig gewond en is per ambulans na die hospitaal geneem.Die voorval het 10:45 in Hyacinthstraat gebeur toe die Americans en die Mafia-bende op mekaar losgebrand het.Twee mans is op straat doodgeskiet. Die derde slagoffer se lyk het agter in ’n huis se yard gelê.Met die paramedici se aankoms op die toneel was een reeds dood en hulle het tevergeefs probeer om die ander twee te red.BevestigVolgens Michael Jacobs, ’n gemeenskapswerker in Mitchells Plain, is nog twee mans Saterdagaand in afsonderlike skietvoorvalle doodgeskiet.Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig drie mans van onderskeidelik 21, 28 en 34 is doodgeskiet.Die lyk van een van drie mans wat in Mitchells Plain doodgeskiet is, lê in die straat.SonDie voorval is bendeverwant en die cops is nog besig om leidrade op te volg.Rwexana sê niemand is nog in hegtenis geneem nie. In ’n skietvoorval gisteroggend in Bonteheuwel is ’n pa van twee minderjarige kinders afgemaai.Kiyaam Abrahams (24) is omstreeks 07:00 in Sandalwoodstraat doodgeskiet.Hy was op pad werk toe en het vir die taxi gewag toe hy ’n bullet in die kop gekry het.Volgens rdl. Angus McKenzie is 15 mense al net sedert die begin van die jaar in bendegeweld in Bontas afgemaai.In Uitsig is vier mense, onder wie ’n vrou, ook dié naweek doodgeskiet.Twee vermeende gangsters is Saterdag in verskillende skietvoorvalle afgemaai en nog een is Sondagoggend doodgeskiet.In die vierde geval is ’n vrou koelbloedig in die Mala­wi-kamp doodgeskiet.Volgens Dawie van Wyk van die polisiëringsforum in Ravensmead laat die kerkleiers dié gemeenskap in die steek. Van Wyk meen die kerke wil net geldmaak en kyk nie na die gemeenskap se behoeftes nie.Nog ’n gemeenskapswerker het gekla daar is te min cops en die wyksraadslede doen te min in die gemeenskap.In Hanover Park is die laitie van ’n gemeenskapswerker ook Saterdagmiddag doodgeskiet.Faghmie Valentine (21) was binne-in ’n huis in St. Lucia Court toe hy doodgeskiet is.Hy is twee keer in die kop geskiet en daarna van sy besittings beroof.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/gangsters-se-koeels-eis-nog-20190204

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.