Geblok op Whatsapp oor haar swangerskap

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaHIERDIE is die eerste keer dat ek aan Antie skryf.Ek is 19 en my outjie 21 jaar oud.Antie, ons kom al ’n hele paar maande aan en het sommer al baie keer seks gehad.Ek dink nou ek is swanger.Ek het vir hom gesê en sy reaksie was dat ek nie vir my moet kom snaaks hou nie.Hy sê hy is nog jonk en wil eers sy studies klaarmaak.Ek weet nou nie wat om te maak nie, Antie. Ek huil elke aand.Hy
het gesê ek is ’n jintoe wat sy future deurmekaar wil maak. Hy het my
nou op Whats­App geblok en in die straat of by die mall maak hy asof hy
my nie ken nie.Ek ken hom nie so nie. Hy het gesê ek is sy alles en dat hy lief is vir my.Nou maak hy asof­ ek die een is wat sleg is.Sy vriende loop en vertel ook vir almal stories oor my en dat ek hul vriend wou trap.Maar dit is nie so nie, Antie. Ek sou nie met hom geslaap het as ek geweet het hy is so ’n vark nie.Ek weet nie wat ek nou met die pregnancy moet maak nie.My ouers gaan baie dis­appointed­ wees en ek weet nie hoe om hulle te vertel nie.Ek het ook nie tans enige vriendinne in wie ek kan confide en raad kan vra nie.Hy was my lewe en dit voel asof alles besig is om uit­mekaar te val.My hart is stukkend en ek wil nie meer lewe nie. – Huilvrou­, WhatsAppLiefie, op jou jonge ouderdom kan een liefdesteleurstelling nie die einde van die wêreld beteken nie.’n Swangerskap kan egter jou toekomsplanne heeltemal omvergooi.So, ewe skielik besef hy nou hy’t ’n future waaraan hy aandag moet gee?Dít nadat hy nét so lekker saam met jou gekry het.Jy praat oor hoe hy jou alles is, maar nêrens mention jy van jou eie drome en wat jy graag in die lewe wil vermag nie.Jy moet nou baie mooi vir Antie luister: Jy is nog bitter, bitter jonk.Jy
sal jou ma in jou vertroue moet neem. Moenie worry oor hoe sy
disappointed gaan wees nie. Fokus op hoe sy jou deur hierdie penarie kan
guide.Neem haar in jou vertroue en laat sy jou help besluit oor of jy die baby gaan hou of nie.Jy weet nou reeds hy wil niks met jou of die baba te doen hê nie, so dit gaan single parent en Sassa op jou brood wees.Laat jou ma jou so gou moontlik help om te besluit of jy kans sien vir alles. Daar is ander opsies tot jou beskikking.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/geblok-op-whatsapp-oor-haar-swangerskap-20190201

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.