Geboelie: Kid wil nie lewe

Please log in or register to like posts.
Nuus
Geboelie: Kid wil nie lewe

Update
Port Elizabeth

’N SEUN (11) wat met MIV gebore is, se lewe is hel omdat boelies hom gereeld by die skool aanrand en hom oor sy vigs-status spot.As gevolg van die afknouery is dié seun van Arcadia in die Baai gestres en depressief. Die ander aand het sy ma hom betyds gekeer­ toe hy selfmoord wou pleeg deur ’n handvol van sy ARV’s te sluk.Behalwe die gespot oor sy vigs-status – selfs op sosiale media – word die seun ook glo die k-woord by die skool toegesnou. Die seun se hartseer ma (31) sê sy is moedeloos en raadop omdat die afknouery nou al sedert gr. 1 aankom. Die kind se skoolwerk het gevolglik so agteruitgegaan dat hy gr. 5 vanjaar moes herhaal. Die ma sê met trane in haar oë dat sy haar bene al stompies afgeloop het skool toe om die voorvalle aan te meld.Volgens die ma kry sy egter geen support van die skool nie. Volgens haar belowe die skool net dat die boelies uitgesorteer sal word. Die ma sê dit gaan ook haar verstand te bowe dat die voorbok van die boelies – glo ’n gangstertjie – steeds by die skool toegelaat word. Sy sê sodra sy vir haar kind in die bresse tree, moet sy by die skool hoor sy is “rou”.Volgens die ma werk die ARV’s nie so effektief nie omdat haar seun gestres is. Haar seun het haar meegedeel hy gaan nie meer sy ARV’S neem nie, want hy wil nie meer lewe nie. Volgens haar is hy met die gevolg koorsig, sy longe slaan toe en sy witbloedsel-telling­ (CD4 count) is laag.Sy sê Donderdagaand was sy koors so hoog dat hy in ’n fit gegaan het omdat die kinders hom by die skool in sy gesig met rekkies geskiet het. Sy sê haar seun kry sedert Augustus sielkundige­ berading by die Dora­ Nginza-hospitaal. Mali Mtima, ’n woordvoerder van die Oos-Kaapse onderwysdepartement, kon nie vir kommentaar­­­­­ opgespoor word nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/geboelie-kid-wil-nie-lewe-20180918

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.