‘Gee grond en skrap boetes’

Please log in or register to like posts.
News
‘Gee grond en skrap boetes’

TAXIDRYWERS dreig nou om die Wes-Kaap onregeerbaar te maak as die provinsiale regering en die Stad Kaapstad nie hul eise nakom nie.’n Politieke party wat deur taxi-eienaars gevorm is, die Alliance of Transformation for All (ATA), en die Land Party het gister na die nasionale en provinsiale parlement en die civic centre gemarch.Hulle eis onder meer dat die regering grond beskikbaar maak vir behuisingsprojekte.Vanessa­ Adriaanse, ’n gemeenskapsleier en lid van die Land Party, sê hulle het 44 000 stukke grond geïdentifiseer wat vir dié doel gebruik kan word.“Dis nou tyd dat die regering na ons luister,” sê sy.“Mense in plakkerskampe in areas soos Heideveld, Mfuleni en Khayelitsha het nie water en toilette nie.“Dis ongrondwetlik. Dis onmenslik dat mense só moet lewe.” ’n Lid van die ATA, Nceba Enge, sê verder taxi-eienaars en driver kry swaar weens voertuie wat daagliks impound word.Hy sê verder die spietkops teiken hulle onregverdig tot die punt waar hul name op die verkeersdepartement se stelsel geblacklist word.Hulle kan dan nie hul lisensies hernu nie.Enge dreig: “Ons eis dat al die voertuie release word en dat alle traffic­ fines geskrap word, anders gaan ons die Wes-Kaap onregeerbaar maak.“As ons geen goeie reaksie op dié demands kry nie, gaan daar niks werk in die provinsie nie.”Die mayco-lid belas met veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê daar is geen wet­tige basis waarop die Stad die voertuie sommer net kan vrystel en die verkeersboetes kan skrap nie.Smith sê: “Hulle (taxi-drywers) het al klaar die provinsie onregeerbaar gemaak deur hoe hulle ry.“As hulle hulself wangedra, dan sal ons moet reageer. Daar is geen manier dat ons sal saamstem met iets wat onwettig is nie.”Hy sê net die staatsaanklaer of ’n landdros kan verkeersboetes op ’n individuele basis verminder of heeltemal skrap.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.