Geen beurtkrag vir eers | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Geen beurtkrag vir eers | Die Son

DAAR is blykbaar lig aan die einde van die beurtkrag-tonnel.Eskom sê geen load shedding word vandeesweek verwag nie.Die land is die laaste tyd in donkerte gehul weens fase 4-beurtkrag.Eskom sê in ’n verklaring die verbetering van sy opwekkingskapasiteit is weens diesel- en water­reserwes wat aangevul is, asook die verhoogde invoer van krag vanaf die Cahora Bassa-kragaanleg in Mosambiek. Dit het ’n verdere 850 MW bygevoeg het.SpaarsaamDie kragverskaffer waarsku egter dat die donkerte nog nie permanent verjaag is nie. Die verklaring lui: “Die risiko van beurtkrag bestaan nog, want die stelsel is nog altyd kwesbaar.“Load shedding sal net ingestel word as dit absoluut nodig is.“Eskom sal reëlmatige updates op alle mediaplatforms gee oor die status van die kragstelsel.”Die kragverskaffer vra inwoners om krag spaarsaam te gebruik deur hul geyser af te sit, asook ligte en appliances wanneer hulle dit nie gebruik nie.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.