Gelvan bekyk oor misdaad | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

VAN 38 sake van moord en poging tot moord by die Gelvandale-polisiestasie is net 7 arrestasies in September gedoen.Die DA-leier in die Oos-Kaap, Nqaba Bhanga, die DA Team One South Africa se woordvoerder oor misdaad, John Steenhuisen, en raadslede het die stasie gister besoek.Voor dit het hulle eers ’n draai gemaak by die familie van Zavier Jassen (17) van Voisinweg in Helenvale.Jassen is een van baie jong mense wat dood is in bendeverwante skietvoorvalle. Geen verdagte is nog ge­arresteer vir die moord op hom verlede week nie.Brig. Philip Macala, die bevelvoerder van dié stasie in die Baai se Northern Areas, sê die groot probleem is dat getuies te bang is om te praat.Macala sê die erge skietery het eintlik op 13 September begin en daarna het die bendes wraak geneem op mekaar.Hy sê: “Helenvale is ’n hot spot. Daar is meer as 15 bendes. Daar word enige tyd van die dag of nag geskiet – die bendes gee net nie om nie.“Die getuies in die gemeenskap wil nie na vore kom nie.“As die gemeenskap saamstaan en besluit hulle sal getuig, kan die skieters skuldig bevind word en lank tronk toe gaan.”AO Michael Terblanche van die Gelvandale-polisiestasie sê die bendes in Helenvale veg al jare oor territory en die verkoop van drugs.Weier“Van die uitdagings wat ons ervaar, is dat die verdagtes borgtog toegestaan word. Hulle is bekend en party het sake hangende teen hulle.“Die eliminasie van klaers en getuies is kommerwekkend, want hulle weier om deel te neem aan die getuiebeskermingsprogram, al stel die ondersoekbeamptes dit voor aan hulle.“Getuies versuim ook om te getuig, want hulle vrees vir hulle lewe. Die uiteinde is dat sake teen bendelede teruggetrek word.”kommunikasie: John Steenhuisen (regs) praat gister met die bevelvoerder van die Gelvandale-polisiestasie. Langs hom is Nqaba Bhanga.Die gangsters maak staat op sel­fone, kontant, vuur­wapens, speelgoed­gewere, messe, dwelms, leerders (wat dwelms namens hulle verkoop of gewerf word) en betogings.Steenhuisen sê misdaad in die Gelvandale-polisiëringsgebied het die laaste paar jaar gestyg.Hy sê: “Net verlede jaar het poging tot moord met byna 18% gestyg, aanranding met 47,7% en verkragting met 34%. Die 265 sake van poging tot moord laas jaar, plaas dié polisiestasie boaan die nasio­nale lys vir dié misdryf.“In 2017/ 2018 is 67 moorde in Gelvan gepleeg – dis gemiddeld meer as een per week.”Hy sê die polisie be­nodig behoorlike toerusting, opleiding en genoeg personeel, en Bheki Cele, die minister van polisie, moet ’n professionele polisiediens prioritiseer.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/gelvan-bekyk-oor-misdaad-20181009

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.