Gesin verloor huis in brand

Please log in or register to like posts.
News
Gesin verloor huis in brand

INWONERS maak hulle harte oop vir ’n gesin van Portlands in Mitchells Plain wie se huis op Guy Fawkes-dag afgebrand het.Die Douglas-familie het Maandag alles verloor nadat hulle huis tot op die grond afgebrand het.James Douglas (36) het saam met sy pa (73), sy tweelingdogters (10) en sy seun (6) in die huis gewoon.Hy was by die werk toe die brand ontstaan het.Gelukkig is niemand in die voorval beseer nie.Die brand het Maandag omstreeks 12:30 uitgebreek. Die brandweerpersoneel het die vlamme vergeefs probeer blus.Die ergste van alles is dat dié ramp hulle sowat twee jaar ná die afsterwe van die kinders se ma getref het.Hulle het hulle mammie op 4 NovALLES IN PUIN: Die brandweerpersoneel se poging om die vlamme te blus, het ure geduur.ember 2016 verloor en nou het hulle huis op 5 November afgebrand.Volgens James woon hulle tans tydelik by familie in Kraaifontein.Hy sê: “Dit is nog onduidelik hoe die brand ontstaan het.“Die dak is in die brand verwoes en het ingeval.“Ons het alles verloor en die skade beloop derduisende rande.“Die beweringe dat die brand miskien ontstaan het weens ’n klappertjie wat aan die brand gesteek is, is onwaar.“Ons wag nog op die uitkoms van die ondersoek om vas te stel wat die brand veroorsaak het.”James het ál die mense bedank wat geldelike donasies gegee en kos, klere en huisware aan die familie geskenk het.Volgens Melissa Smith van die organisasie Differently Beautiful het die mense van Mitchells Plain hulle harte én beursies oopgemaak vir die Douglas-familie, wat alles verloor het.Enige iemand wat met die insameling van skenkings wil help, kan Melissa gerus bel by 073 374 0138.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply