Gesin verras rowers met skote

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

SKOTE deur ’n toe slaap­kamerdeur het daartoe gelei dat drie rowers spore maak.Die voorval het gister 01:30 by ’n huis in Dolphinrylaan in Astonbaai, Jeffreysbaai, gebeur­.Drie gewapende rowers het toegang tot die huis verkry deur ’n venster wat half oop was.Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê toe die huis se alarm afgaan, het die klaer, ’n 67-jarige vrou, gaan ondersoek instel.Toe sy twee rowers sien, het sy geskree.’n Stoeiery het tussen die vrou en een van die rowers uitgebreek en die vrou is in die hand gesteek.“Haar seun het uit sy kamer gekom om haar te help en die rowers het hulle na die slaapkamer geneem, waar die vrou se man steeds was, om die kluis deur te gaan.“Die rowers het juwele, ’n rewolwer, ’n laptop en selfone gevat.Weggesteek“Daarna het die verdagtes die gesin in die kamer gelos en die res van die huis deursoek.”Intussen het die vrou se man nog ’n rewolwer, wat in die kamer weggesteek was, uitgehaal.Toe een van die rowers later terugkeer na die kamer waar die familie was, het die man twee skote deur die slaap­kamerdeur afgevuur.Die verdagtes het onmiddellik met van die gesteelde goedere uit die huis gevlug.Nadat die polisie in Jeffreysbaai van die voorval ingelig is en daar aangekom het, is van die gesteelde goedere in die jaart gekry.“Die SAPD doen ’n beroep op tweedehandse winkels om die polisie dadelik te laat weet as iemand juwele of elektroniese toestelle wil verkoop,” sê Swart.Enige iemand met inligting oor die verdagtes word versoek om die SA Polisiediens te bel by 042 200 6800 of 08600 10111.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/gesin-verras-rowers-met-skote-20190214

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.