Geskiet toe hy uitstap | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE provinsiale bendetaakspan ondersoek ’n moordsaak nadat ’n man Woensdagaand in die Baaise Northerns afgemaai is.Die oorledene was Lance Khusal van Barberry­weg. Hy was maar net 37 jaar oud.Lance se suster, Antoinette Khusal, vertel hartseer sy het Woensdag 23:20 ’n aanhoudende geklop aan die voordeur gehoor.Sy het eers gedink dit is Lance.LiegAntoinette sê toe sy die deur oopmaak, was dit iemand wat kom sê Lance is geskiet. Volgens Antoinette het sy nog gesê: “Moenie vir my lieg nie.”Daarna het sy skielik benoud geword.Sy het die huismense wakker gemaak. Hulle het afgesit na die moordtoneel toe.Toe hulle daar aankom, het haar broer dood in die deur van die huis gelê. Daar was bloed aan sy nek en sy oë was oop, onthou sy.“Ek sou histeries geraak het as my vriende my nie support het nie.”AfgekomKol. Priscilla Naidu, ’n woordvoerder vir die polisie, sê Woensdag omstreeks 23:50 het die cops ­respond op ’n klag van ’n skietvoorval by ’n huis in Barberryweg. Sy sê toe die polisie daar aankom, het hulle afgekom op ’n 37-jarige man wat by ’n huis se entrance lê.Naidu sê volgens getuies was die man op pad huis toe nadat hy by vriende gekuier het.Volgens Naidu het ’n onbekende persoon die man in die nek geskiet net toe hy die deur oopmaak.Die polisie weet nog nie hoekom Lance doodgeskiet is nie. Volgens Naidu het die slagoffer nie aan ’n bende behoort nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/geskiet-toe-hy-uitstap-20180927

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.