Gesoekte verdagtes vasgetrek | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Gesoekte verdagtes vasgetrek | Die Son

VIER verdagtes wat hoog op die wanted list in Stellenbosch was, is die naweek gearresteer in ’n gekombineerde operasie tussen die polisie, wetstoepassing en private sekuriteitsmaatskappye.Die operasie het Saterdag begin as deel van ’n veldtog van sigbare polisiëring. Die vier is gesoek vir diefstal, die rig van ’n vuurwapen en die besit van tik.PadblokkadeNog vier verdagtes is aangekeer vir die besit van tik, gesteelde goedere, en die verkoop van drank sonder ’n lisensie.As deel van die operasie was daar ook ’n padblokkade op die Polkadraai- pad, waar 75 voertuie gestop is. ’n Motoris is gearresteer vir dronkbestuur. Boetes van altesame R6 500 is opgelê.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.