Gestremde kry koeël in bors

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

eina: Ashton van Schalwyk wys sy wonde. ’N PSIGIATRIESE pa­siënt en hoërskoolseun is onder die vyf mense wat die naweek in afsonderlike voorvalle in die Baai doodgeskiet is. Die voorvalle het in Arcadia, Helenvale en Walmer plaasgevind.Een van die oorledenes was die 36-jarige Ryan van Schalkwyk van Claasenstraat in Ar­cadia. Volgens sy ma, Arlene, was Ryan se brein soos dié van ’n agjarige kind. Hy moes elke dag medikasie neem.“My seun was op pad om ’n sigaret te gaan koop. verslae: Arlene van Schalkwyk vertel hoe haar seun, Ryan, in hulle huis dood is.Foto’s: theo jeptha“Ewe skielik het hy by my deur ingekom met ’n gat in sy bors wat bloei. “Hy het toe op die kamervloer neergeval en is oor­lede.” Inwoners sê die drie skieters – Van Schalkwyk se killers – het hierna in die straat opgehardloop. Hulle het Darrian Monigan (19) gewaar en hom in die steeg tussen Claasen- en Prinsloostraat geskiet. Monigan is op pad hospitaal toe oorlede.Hy was ’n gr. 10-leerder by Arcadia Senior Sekondêr.Net daarna het die skieters Ryan se jonger broer, Ashton (20), by sy girlfriend in Prinsloostraat gesien. Hulle het hom in die regterbobeen en linkerbeen gewond.Volgens kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, is die skietvoorvalle bendeverwant.Twee sake van moord en een van poging tot moord word ondersoek.Sondag om en by 07:50 is Shane Williams (27) voor sy huis in Uranusstraat in Helen­vale doodgeskiet. Naidu sê die voorval is ook bendeverwant. ’n Saak van moord word ondersoek.Saterdag 03:45 is ’n man in sy shack Reginald­weg, ook in Helenvale, om die lewe gebring. Naidu sê ook dié voorval het met bendes te doen.Twee mans het die deur oopgedwing en op die man in die shack begin skiet. Hy het op die toneel beswyk. ’n Moordsaak word ondersoek.En Saterdag omstreeks 21:30 is ’n verdagte doodgeskiet in die informele nedersetting Walmer.Die man is geskiet nadat hy ’n ander man vermoor het. Die verdagte is buite ’n tavern doodgeskiet nadat ’n cop homself moes verdedig.Die woordvoerder sê: “Die lyk van ’n 32-jarige man is met ’n koeël­wond in die nek gevind. “Walmer se misdaadvoorkomingseenheid en die K9-eenheid het die verdagte gaan soek en tussen shacks gekry. Hy is doodgeskiet.” Twee moorddossiere is vir dié voorval aangelê.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/gestremde-kry-koeel-in-bors-20180930

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.