Getaway flop sleg | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

VIER mans het gister onskuldig gepleit op onder meer ’n moordklag ná ’n skietvoorval twee jaar gelede by die Greenacres-winkelsentrum in die Baai.Lindokuhle January (21), Olwethu Dlanga (21), Awonke­ Yako (20) en Lonwabo Maweni (42) het ook onskuldig gepleit op aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, poging tot roof met verswarende omstandighede, ontvoering, asook die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.Luidens die klagstaat het twee onbekende mans – wat albei met vuurwapens gewapen was – tussen 16 en 17 Julie 2016 ’n Chinese­ man van sy Honda CR-V in Queenstown beroof. Op 29 Julie 2016 het die beskuldigdes en ene Xolisa Mantana – gewapen met vuurwapens – met dieselfde Honda na die Greenacres-winkelsentrum gery.Lonwabo Maweni Daar het hulle Fishers Jewellers binnegegaan.Die mans het hamers gebruik om die glas van die toonkabinet stukkend te breek, waarna hulle juweliersware en ander items verwyder het.Die booswigte kon nie toegang kry tot hulle get-away-kar nie, want die ongeïdentifiseerde driver was skoonveld. In die proses het hulle op twee cops – wat op die rooftog gereageer het – losgebrand. Die boosdoeners het probeer om ’n rooi Volkswagen Golf te steel. Hulle het een van die vensters van dié motor met ’n hamer gesmash. Die driver van die kar – ene mnr. George – kon daarin slaag om weg te jaag.Die booswigte het toe hulle visier ingestel op die wit afleweringsvoertuig van ene Ronald Goduka. olwethu dlanga Hulle het die voertuig probeer steel. In die proses is Goduka in die bors gewond. Hy het op die toneel gesterf.Yako het in die rigting van McDonald’s gehardloop en ’n paar items onder ’n geparkeerde voertuig daar gegooi.Hy is kort hierna in Westview Drive in hegtenis geneem. January, Dlanga en Maweni­ het ene me. Slabbert in die parkeerterrein van Cell C van haar wit Volkswagen Polo beroof. January en Dlanga is in hegtenis geneem by ’n taxi-staanplek in Highfield Road in Schauderville. Maweni is in ’n latere stadium in hegtenis geneem nadat hy gelink is met DNA-bewyse. Adv. Zelda Swanepoel kla aan.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/getaway-flop-sleg-20181119

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.