Getroude ou hoor nou hy het ’n kind by eks

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK DRA ’n geheim wat ek nog nie eens met my vrou gedeel het nie.Antie, ek en my vrou is nou vier jaar getroud.Ons het nog nie kinders nie, want ons albei werk nog aan ons loopbaan. Ons is van dieselfde dorp, maar woon en werk in die Kaap.Ek was jare gelede met ’n meisie van die Oos-Kaap en ons was lank saam.Dinge het egter nie tussen ons uitgewerk nie en ons paaie het geskei. Dis toe dat ek en my vrou by mekaar opgeëindig het.Ons het mekaar altyd gesien en gegroet, maar daar was nooit iets ernstigs tussen ons nie.FacebookMaar toe ons romanties involved raak, het ons besef ons is vir mekaar bedoel en dinge het vinnig gebeur.Ná ons troue het ons albei werk in die stad gekry en ons het ons hier kom vestig.Antie, verlede jaar het my eks my op Facebook gekontak.Eers wou sy net hoor hoe dit gaan. Ek was nie juis in die mood vir gesels nie, want ek is ’n getroude man en dinge het nie juis lekker tussen ons geëindig nie.Toe drop sy ’n bom: Ek het ’n kind. By haar. En hierdie kind is al amper drie jaar oud.Ek wou haar nie glo nie, want watter mens hou sulke dinge vir só lank weg van iemand anders?Sy sê sy wou my oor die jare sê, maar wou nie dinge tussen my en my vrou complicate­ nie.Ek weet nie wat om te doen nie. Ek het gedink as dit my kind is, sal ek hom nie ontken nie. Ek het egter op ’n paternity test aangedring.My eks het ingestem en ek het hierdie toets laat doen sonder dat my vrou daarvan weet.Dit was positief. Daardie oulike seuntjie is myne.Ek weet nie hoe my vrou op hierdie nuus gaan reageer nie. Ons sukkel al jare om met ’n gesin te begin, maar sy kon nog nie swanger raak nie.Kan Antie ima­gine hoe my vrou gaan voel as sy dié nuus hoor?Ek kan nie eens saans slaap nie van worry.Wat as my vrou my los?Ek is bereid om my kind finan­sieel te ondersteun, maar weet nie of ek vir altyd met dié geheim binne my kan rondloop nie.Wat staan my te doen? Wat moet ek maak?My kop is al suf gedink. –Desperaat, e-posHierdie is nie ’n maklike situasie waarin jy jou bevind nie.Antie wil jou in die eerste plek ’n klop op die skouer gee dat jy nie jou responsibilities teenoor dié kind eenkant toe wil gooi nie.Hierdie kind kan jy egter nie as ’n geheim grootmaak nie.Jou vrou het die reg om van sy bestaan te weet.Onthou, jy was jare nie bewus van hierdie kind se bestaan nie.Surely behoort dít in jou guns te tel by jou vrou, want dis mos nie asof jy ál die jare van jou kind se bestaan geweet het, maar nie jou vrou daarvan vertel het nie.Hopelik kan sy dit so sien, maar dit sal jy eers weet as jy oop kaarte met haar speel. Deur dit van haar weg te hou, gaan dinge erger raak.Veral omdat julle juis ook try om met ’n gesin van julle eie te begin.Vertel jou vrou. Sy gaan anyway een of ander tyd uitvind en dan gaan dit soveel erger wees dat jy haar nie self gesê het nie.Sterkte en onthou: Julle sal saam as ’n couple hierdeur kom.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/getroude-ou-hoor-nou-hy-het-n-kind-by-eks-20190307

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.