‘Getuie het tyd om 3 uit te ken’

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

UITSPRAAK word op 31 Mei gelewer in die moordverhoor van drie jong mans wat na bewering ’n bewaarder van die St. Albans-gevangenis doodgemartel het.Adv. Garth Baartman, die staatsaanklaer, het gister in sy slotbetoë in die Baaise hooggeregshof gesê een van die staatsgetuies het voorafkennis van die beskuldigdes gehad.Dié staatsgetuie het die vermeende killers geïdentifiseer.Baartman het gesê die beskuldigdes – Jean-Claude Uithaler (25), Khawulelani Gqunta (19) en Sinethemba Mfihlo (19) – se getuienis in dié verband strook met dié van die staatsgetuie.Die drie word aangekla van die moord op Quinton David Williams (44) in die middernagtelike ure van 14 Junie 2014.JEAN-CLAUDE UITHALERBaartman het gesê die staatsgetuie het vroeër aangedui een van die redes hoekom sy nie vroeër ’n statement wou maak nie, was omdat sy vir haar lewe gevrees het.Hy het verklaar dié redes is legitimate.Volgens Baartman was daar genoegsame beligting in die omgewing waar die moord gepleeg is.Hy het gesê dit is nooit aan die getuie gestel dat die straatligte daardie aand nie gewerk het nie.Volgens Baartman plaas Uithaler – na gelang van sy getuienis – hom en sy medebeskuldigdes die aand van die moord in die straat waar die getuie woon.Baartman het gesê toe die staatsgetuie die klere beskryf het wat Uithaler die aand van die moord aangehad het, het hy erken hy het klere wat daardie beskrywing match. Uithaler het egter ontken hy het dit daardie aand aangehad.Baartman het die hof herinner aan Gqunta se getuienis dat hy die victim die aand van die moord langs die pad sien lê het en wel die klere aangehad het wat die staatsgetuie aan die hof beskryf het.SINETHEMBA MFIHLOBaartman het bygevoeg haar evidence dat Williams gedurende die aanval stadig gehardloop het, strook met sy bloed­alkoholvlak daardie aand.Hy het gesê die staatsgetuie se weergawe dat die straat waarin die voorval gebeur het daardie aand stil was, strook ook met die getuienis van Gqunta.Volgens Baartman het sy in detail gesê wat elkeen van die beskuldigdes se rolle in die moord was.Baartman het verduidelik na gelang van die staatsgetuie se evidence was daar ’n bedoeling om Williams dood te maak omdat die drie stuks hom gesearch het.TeenstrydighedeVolgens Baartman is Williams se klere van sy lyf afgeruk.Baartman het verduidelik al is daar teenstrydighede in die staatsgetuie se hoofgetuienis, kruisondervraging en polisieverklaring, moet die hof in ag neem die voorval het vyf jaar ge­lede gebeur.Die getuie het ook 10 maande ná die moord eers ’n statement gemaak.AanskouVolgens Baartman beteken die teenstrydighede nie haar getuienis is onbetroubaar nie.Baartman het gesê die getuie het die aanval op die victim ’n uur lank aanskou.Hy het verduidelik sy het dus genoeg tyd gehad om sy aanvallers te identifiseer.Volgens hom was sy nugter toe sy gesien het hoe die moord gepleeg is.Die saak dien voor regter Irma Schoeman.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/getuie-het-tyd-om-3-uit-te-ken-20190320

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.