Getuie sê hy is by hof gedreig

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N BELANGRIKE staatsgetuie wat tans in die moordverhoor van ’n gewese polisiekonstabel en nog twee mans getuig, het gister gemoan dat hofgangers hom Woensdag gedreig het.Die beskuldigdes is die oud-cop Walter Francis (33), Wayne Wabanie (25) en Shamiel Galant (20). Hulle word in die Baaise hooggeregshof verhoor vir die skietdood op 21 Febru­arie 2017 van die art. 204-getuie Alex Ferreira (27).OngemaklikAdv. Velile Makasana, die staatsaanklaer, het gister aan die hof gesê lede van die polisie se witness protection programme het hom Woens­dag meegedeel die staatsgetuie beweer hy is gedreig terwyl hy getuig het.Die vermeende dreigers het glo ook gestures gemaak.Volgens Makasana het die staatsgetuie gesê die dreigemente laat hom baie ongemaklik voel.Makasana het die hof gevra of dit moontlik is dat die hof ontruim kan word totdat die staatsgetuie sy getuienis gelewer het. Hy gaan ’n aansoek daarvoor bring.Francis se lawyer, adv. Terry Price, het gesê hy is nie bereid om die woord van die staatsgetuie eenvoudig te aanvaar nie.Volgens Price het die staatsgetuie vir die duur van sy getuienis heeltyd na die regter gekyk.Price wou weet hoe dit moontlik is dat die staatsgetuie enige dreigemente kon waarneem.Hy het aangedui hy glo nie die staatsgetuie se aantyging oor die dreigemente nie en hy staan die aansoek teen.Wabanie se lawyer, adv. Hannelie Bakker, het op haar beurt gesê dit is in die belang van geregtigheid dat die publiek toegelaat word om die hofverrigtinge by te woon. Volgens die staatsgetuie het die dreigemente buite die hofsaal gebeur terwyl hy gewag het dat security guards die hofsaal se deure vir hom oopmaak.Volgens hom het twee vroue in sy rigting gekyk en gesê wat hy besig is om te doen, gaan sy familie affekteer.Die staatsgetuie het ’n man wat gedurende die uit­latings agter die vroue gestap en ook in sy rigting gekyk het, in die hof uitgewys.Volgens die staatsgetuie het die twee vroue nie gister se hofverrigtinge bygewoon nie.Regter Elna Revelas het gesê as daar weer dreigemente gemaak word, moet dit onmiddellik onder haar aandag gebring word.Sy het bygevoeg dreigemente buite die hof moet onder die aandag van die polisie gebring word.Kort hierna het Price met die kruisondervraging begin.Hy het die staatsgetuie gelei om te getuig die enigste beskrywing wat hy van Francis in sy affidavit van 3 Maart 2017 gegee het, is dat hy (Francis) “ ’n Cape coloured met ’n ronde gesig is”.Volgens die staatsgetuie het hy nooit in die affidavit Francis se ouderdom genoem nie.HaastigDie man het getuig hy het ook nooit aan die cop wat sy verklaring afgeneem het, gesê wat Francis die dag van die voorval aangehad het nie.Volgens hom was die betrokke cop te haastig.Hy het getuig hy het ge­durende die afneem van sy verklaring aan die cop genoem hy sal die driver van die kar op die dag van die moord kan uitwys.Die staatsgetuie het bygevoeg hy weet nie hoekom die cop dit nie in die affidavit neergeskryf het nie.Volgens die staatsgetuie het hy Wabanie en Galant voor die moord geken.Hy het getuig hy ken nie hul name nie, maar wel hul byname. Volgens hom is Wabanie en Galant lede van die Upstand Dogs-bende.Die beskuldigdes bly in aanhouding. Die saak duur voort.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/getuie-se-hy-is-by-hof-gedreig-20190214

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.