Getuie wat hol, kry sy straf

Please log in or register to like posts.
News
Getuie wat hol, kry sy straf

’N STAATSGETUIE wat dié week uit die polisie se witness protection-program ontsnap en nie in ’n moordverhoor gaan getuig het nie, is gister drie maande tronkstraf opgelê wat vir ’n jaar opgeskort is.Die staatsgetuie was veronderstel om Woensdag in die Baaise hooggeregshof te begin getuig in die dubbele moordverhoor van Damian Kammies (23), Deilon Makoppa (31), Kurt Bosman (29), Christiano Witbooi (19), Ashton Calvert (25) en Warren Steyn (24).Adv. Mujaahid Sanden, staatsaanklaer, het dit toe op rekord gestel dat die getuie Dinsdag uit witness protection ontsnap het.’n Lasbrief is dadelik vir sy arrestasie uitgereik. Die getuie is Woensdagaand by sy huis gearresteer nadat hy die polisie van sy whereabouts laat weet het.BangDie getuie het gister in ’n inquiry verduidelik toe hy hoor ’n ander getuie wat in dieselfde moordverhoor moes getuig, is doodgeskiet, het hy aan die ondersoek­beampte gesê hy gaan nie weer getuig nie.Volgens hom is witness protection toe aan hom en ander staatsgetuies gebied. Hy sê omdat die vermoorde getuie nie onder witness protection wou gaan nie, het hy besluit om in die program te gaan omdat hy bang was dieselfde ding gaan met hom gebeur.Volgens die getuie is hy op 12 Maart Baai toe gebring. Hy verduidelik hy het almal ingelig hy gaan nie meer getuig nie.Op die vraag hoe hy uit die getuiebeskermingsprogram verdwyn het, het hy gesê hy’t bloot die security waar hy tuis was, gevra om die sekuriteitshek vir hom oop te maak.Volgens hom het die security geen vrae gestel nie. Hy sê hy het uitgestap en net nie teruggekeer nie. Volgens hom het hy nie die hanteerders van die program laat weet hy gaan die program verlaat nie.“Ek het geweet ek moes hof toe kom, maar het uit vrye wil besluit om nie te kom nie.“Toe ek opgeneem is in witness protection, was daar nie ’n probleem met my veiligheid nie.”Volgens hom het hy geen dreigemente ontvang nie.Hy sê hy het gevoel sy lewe is in gevaar oor wat met die ander getuie gebeur het.Regter Glen Goosen het aan die getuie gesê die strafregstelsel kan nie funksioneer wanneer mense – wat verplig is om te getuig – sommer na willekeur besluit hulle wil nie meer voor die hof getuig nie.Hy sê die getuie se onwilligheid om te kom getuig, is ’n ernstige oortreding omdat dit die hele wese van die regstelsel ondermyn.Goosen sê hoewel die verhoor nie hierdie week afgehandel sal word nie, moet die hof ook die hulpbronne wat die staat moes inspan en die koste wat aangegaan moes word om die getuie op te spoor, in ag neem.Hy sê: “Jy bly ’n getuie in die saak.”Die verhoor sal op Maandag 6 Mei hervat word.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.