Geweld eis nóg lewens | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Geweld eis nóg lewens | Die Son

TWEE vermeende gangsters is Sondag in aparte voorvalle in Heideveld geskiet.Die bloedige bendegeweld tussen die Americans en die Junior Mafia-bende is na verneem word besig om handuit te ruk.In die jongste voorval is ’n vermeende Junior Mafia gangster, bekend as Romeo (37), om en by 16:10 by Susan Court raak geskiet. Hy is met beserings na die hospitaal geneem.Nog ’n skietery Sondag het ’n 42-jarige man se lewe geëisDié man het saam met vyf ander mans in ’n silwer motor in Table Mountain-straat gesit.WeggejaagToe die man uit die motor klim en wegstap, het een van die insittendes hom van agter in die kop geskiet.Die verdagtes het daarna weggejaag en die man is op die toneel dood. Vrydagaand is nog ’n vermeende Junior Mafia-bendelid in Heideveld koelbloedig doodgeskiet.Die 42-jarige man, bekend as Riyaan, is in Lainsbergstraat noodlottig gewond.Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, is ’n saak van moord en poging tot moord geopen. Leidrade word opgevolg.Niemand is nog vir die skietery gearresteer nie.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.