Girl verkrag: 3 oues in hof

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DRIE senior burgers het gister vlugtig in die Baaise hooggeregshof verskyn op klagte van mensehandel en verkragting waarby ’n 13-jarige mildly mentally disabled meisie betrokke is.Die drie – 61, 62 en 63 jaar oud – het nog nie gepleit nie en is uit op borgtog.Die mental age van die meisie is dié van ’n negejarige kind.TrouLuidens die klagstaat het die meisie by haar oom in KwaZulu-Natal gaan woon nadat haar ma op 21 Junie 2012 oorlede is.In Januarie 2015 het die meisie by haar antie se dogter­ in Bizana in die Oos-Kaap­ gaan woon en ook daar skoolgegaan.In Desember 2016 het een van die beskuldigdes besluit hy wil met die meisie trou. Lobola-onderhandelings het in Maart 2016 begin en die oom het rekord gehou van die onderhandelings en payments. In November 2016 het die meisie se oom haar inform dat sy nie gaan terugkeer skool toe en dat sy met dié man gaan trou.Die antie het toe die meisie op ’n taxi gesit na die winkelsentrum Njoli Square in die Baai waar sy haar nuwe man sal ontmoet. Die man het die meisie by Njoli Square ontmoet en met haar na sy huis in Greenbushes­ gery.Die klagstaat lui toe die meisie geweier het om haar klere uit te trek en met die man seks te hê, het hy haar gewurg en gedwonge seks met haar gehad.Hy het aan haar gesê hy is haar man en hy het lobola vir haar betaal. Sy moes om daardie redes sy wense en bevele­ eerbiedig. In die tydperk November 2016 tot Januarie 2017 het die man en die meisie saamgewoon en het hy verskeie kere – sonder haar toestemming – met haar seks gehad.Wanneer die meisie haar teësit of gehuil het, sou hy haar slaan met sy hande of belt.Luidens die klagstaat is die meisie nie toegelaat om buite die huis te sit nie. Hy het ook haar kleredrag voorgeskryf en voorgeskryf met wie sy mag praat.In Januarie 2017 het die man sy stiefdogter geld gegee om vir die meisie ’n ticket terug Durban toe te koop.Toe haar antie die meisie by die bushalte ontmoet, het die antie aan haar gesê sy is nou ’n getroude vrou.Hierna is die meisie na die landelike gebiede van Bizana geneem. Die meisie se “man” en haar antie het haar gedurig uitgeskel wanneer sy met meisies van haar ouderdom praat. Die antie het die meisie toe weer terug Port Elizabeth toe gestuur.PolisieDaar het “haar man” haar weer gedwing om saam met hom as sy vrou te leef. Hy het ook weer verskeie kere sonder haar toestemming seks met haar gehad. Die meisie het die voorval op 24 April 2017 by die polisie aangemeld. Die man is toe in hegtenis geneem.Adv. Zelda Swanepoel kla aan.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/girl-verkrag-3-oues-in-hof-20190311

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.