Gr. 3’s groet tjommie | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

VERPLETTER en stukkend.Dís hoe die negejarige L-Jay Peterson se ouers voel nadat hy Dinsdag in ’n gru-ongeluk op Standfordweg van hulle af weggeruk is.Lionel Peterson van Algoapark en Sharon Williams van Gelvandale is in rou gedompel nadat ’n brandweerwa in die IPTS-buslaan gejaag en hulle kind getref het. Ambulanspersoneel het L-Jay op die toneel dood verklaar.Omstanders het gesê die brandweerwa het nie sy sirenes aangehad nie.OnthouDit het gebeur terwyl die gr. 3-leerder aan die Primêre Skool Republiek ná skool op pad huis toe was.Williams sê: “Hy was my oogappel. Hy het altyd van die skool af gekom en op my kom lê. Sy laaste woorde aan sy pa was dat hy na my toe wil kom.”Peterson sê daar is te veel goed wat hy van sy seun gaan onthou. “Ons het altyd games­ gespeel, ’n sokkerbal in die jaart geskop of Bingo gespeel. Ek is stukkend. Dit gaan ’n tyd vat om daaroor te kom.” L-Jay se klasmaats en gr. 3-juffrou, Benita le Roux, is geskok oor sy skielike dood. “Hy was ’n baie stil kind met ’n vriendelike geaardheid. memories: Lionel Peterson vertel hoe hy en sy seun altyd games gespeel het.BESORG: Benita le Roux samel die briefies in wat L-Jay Peterson se klasmaats vir hom geskryf het.onthou: Jayline Whitting konsentreer op haar brief vir haar oorlede klasmaat.Dinsdag: L-Jay Peterson (9) is oorlede na ’n brandweerwa hom omgery het. Foto: theo jeptha“Al spreek jy hom aan, sal hy nog steeds ’n glimlag op sy gesig hê. Dis soos om jou eie kind te verloor,” sê ’n emosionele Le Roux.Die klasmaats het gister elkeen vir L-Jay ’n briefie geskryf.Le Roux gaan dit vir sy ouers gee.Die hoof van Republiek, Charles Adams, sê: “Ek is baie omgekrap en kwaad, want dis nie die eerste keer dat ’n kind in die straat gestamp word nie. Sowat ’n maand gelede is ’n gr. 2-outjie in die pad raak gery deur ’n taxi wat in die buslaan gery het.“Die klasmaats gaan almal berading kry. Die kinders is soos familie vir mekaar.”L-Jay laat drie susters, vier broers en sy ouers agter. Die outopsie word vandag uitgevoer.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het gesê ’n saak van strafbare manslag word ondersoek.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/gr-3s-groet-tjommie-20180919

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.