Grapjas in pad weggeruk | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

HY HET in die straat gestap, nie te ver van sy huis af nie, toe ’n man hom point-blank in die straat doodgeskiet het.Dié voorval het Sondag in Rosedale, Uitenhage, gebeur nadat die slagoffer vir sy vriend gaan kuier het.Brencaux Goliath (21) is dood en sy familielede is baie geskok en hartseer.BolyfSers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, sê die voorval het om en by 04:00 gebeur.“Daar word beweer dat Goliath in Suikerbekkiestraat geloop het toe ’n gewapende man hom verskeie kere in die bolyf geskiet het. Hy is op die toneel dood.“Daar word ook beweer die verdagte het ná die voorval in ’n wit VW Golf geklim wat in die verte gestaan en wag het. Die kar het weggery.”Bridgette Dolph (49), Brencaux se niggie, sê sy was by die huis toe ’n outjie en ’n meisie hulle kom sê het hy is geskiet.Dolph en Brencaux se ma, Brenda Goliath (57), het haar na die toneel gehaas. Die polisie het hulle nie toegelaat om na hom te kyk nie.Dolph het besef haar neef is dood toe sy Brencaux se toegegooide lyk in die pad gesien lê het.Chanté Hardy (25), ook ’n niggie van Brencaux, sê hulle twee het in dieselfde huis grootgeword en was baie na aan mekaar.“Hy was ’n rowwe Jack en vol grappe. Hy was uittartend en baie stubborn by tye. Hy was soos my broer.”Bianca Dolph (26), ook ’n niggie, sê hy was die laaste week van sy lewe baie gelukkig en opgewek. Sy gaan sy grap­pige persoonlikheid mis.Die familie sê hy was baie teruggetrokke en nie almal het hom verstaan nie. Wanneer iets Brencaux gepla het, het hy dit ingehou en wanneer hy kwaad geraak het, het hy liewer weggestap.Brenda was ten tyde van Son se besoek by die polisiespeurder.Inwoners sê Rosedale was altyd rustig, maar van Desember af skiet ouens op mekaar.Die polisie doen ’n beroep op die publiek om hulle te help om die moordsaak op te los en die verdagte vas te trek.Enige iemand met inligting word gevra om die ondersoekbeampte, AO Andrew Hoffman, te bel by 083 336 1086 of 041 988 8200.Inligting sal as anoniem gehanteer word.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/grapjas-in-pad-weggeruk-20190211

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.