Groot lof ná Kikki merts fnuik

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

VERSKEIE hoës het die Valke geprys ná die groot drug bust Maandag in die Ngqura-hawe in die Baai.Dinsdag het lt.genl. Godfrey Lebeya, die hoof van die ondersoekdirektoraat vir prioriteitsmisdaad (die Valke), aangekondig hulle het beslag gelê op 706 kg kokaïen met ’n straatwaarde van sowat R720 miljoen.Interpol en ander owerhede was ook by die operasie betrokke.In ’n intensiewe ondersoek van 12 dae is ’n vragskip van Brasilië na die Baaise hawe agtervolg. Die skip was onderweg na Indië.Die snuffelhond Kikki het op een van byna 4 000 con­tain­ers toegesak – op die onderste level van die skip.Binne-in is ’n ongelooflike 706 pakke kokaïen gevind. Elke pak weeg 1 kg en het ’n geskatte straatwaarde van R1,02 miljoen.Die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir polisie, Francois Beukman, het gesê: “Samewerking tussen polisie-agentskappe van verskeie jurisdiksies is belangrik.“Die komitee is ten gunste van die versterking van samewerking tussen verskeie owerhede om met misdaadsindikate te deal.”WaarskuwingBeukman het bygevoeg die komitee is oortuig die Valke en ander spesiale­ polisie-eenhede het hulle toewyding bewys om georganiseerde misdaad stop te sit.Die Oos-Kaapse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, Oscar Mabuyane, het ook goeie dinge oor die Valke te sê gehad.“Die drug bust is ’n waarskuwing dat Suid-Afrikaanse hawens nie gebruik kan word vir kriminele aktiwiteite nie,” het hy gesê.“Dis slegs vir wettige besigheid wat waarde toevoeg tot die ekonomiese welstand van ons land en sy burgers,” het Mabuyane bygevoeg.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/groot-lof-na-kikki-merts-fnuik-20190109

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.