Groot marakkas | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

BENEWENS sy dagga-walms wat haar en haar gesin na hul asem laat snak, stink haar hele huis van sy tuisgemaakte drank wat hy en sy pelle so drink.So sê ’n ontstoke Anita Kritzinger-Booysen (40), Axum Dan se next door neighbour gister aan Son.Kritzinger-Booysen sê laas jaar op Vrouedag toe rumoer Dan en sy vriende tot 02:00 die next oggend.Volgens Kritzinger-Booysen het sy al gevra of die manne wat so by Axum kom nie vrouens het nie, want hulle rumoer dan heelnag.Sy sê weens sy buite-vuurmakery en daggawalms moet sy nou haar wasgoed elders gaan was.“Ek wil mos darem kan asemhaal in my plek. My een dogter het al sinusprobleme van ál die dagga-walms. pronk: Axum Dan by sy daggaboompies.“Nou moet ons seker maar gewoond raak aan die dagga, want dis mos nou legal.” Kritzinger-Booysen beweer voorts Axum Dan tart gereeld haar familie uit.Volgens haar was Dan voor 2017 baie rustig. “Ek was goed vir sy familie. Ek het hulle altyd gehelp met klere.”Kritzinger-Booysen ontken sy het enigiets te doen met die ingewande van diere wat op die “spreekkamer” se erf aangetref is.sommer flenters: Axum Dan by een van die ruite wat deur die vroue stukkend geslaan is.“Hy het niks teen my nie, nou maak hy daai van die diere se binnegoed op.”Rdl. Eddie Harker, raadslid vir wyk 38, sê een van sy voorgangers het Dan voor 2016 op daardie betrokke stuk grond geplaas.“Hy is tans onwettig daar en ek as huidige raadslid kan hom nie net remove nie. Daar is prosesse wat gevolg moet word,” verduidelik hy.Volgens Harker het Dan hom iewers in September, Oktober of November verlede jaar genader om aansoek te doen vir die grond waarop sy “houtspreekkamer” staan.Harker sê hy het op sy beurt ’n support­ing letter by die aansoek aangeheg en nadie departement van menslike nedersetting gestuur.Volgens Harker word daar nou steeds op die munisipaliteit se besluit gewag.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/groot-marakkas-20190115

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.