Gryper kry 10 jaar vir sy optrede

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N OOS-KAAPSE man (31) is 10 jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n 19-jarige vrou probeer verkrag het. Ezile Gxalaba is gister in die streekhof in Butterworth gevonnis.Kapt. Jackson Manatha, ’n polisiewoordvoerder, sê die vrou het op 4 Maart 2017 in die township Nyakatho in Sinqumeni, Dutywa, duim­gegooi toe ’n Quantum-taxi by haar stop. Ontsnap“Die bestuurder was alleen in die taxi. Pleks daarvan dat hy die vrou na haar huis toe neem, het hy haar na sy huis toe gevat. “Hy het die vrou by sy huis ingesleep en haar klere begin uittrek. Die vrou het teruggeveg en daarin geslaag om te ontsnap.”Die vrou het by die Dutywa-polisiekantoor ’n klag teen die man gelê. Die saak is oorgeplaas na die polisie se eenheid gemoeid met gesinsgeweld, kinder­beskerming en seks-oortredings in Butterworth. Gxalaba is daarna opgespoor en gearresteer.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/gryper-kry-10-jaar-vir-sy-optrede-20190131

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.