Haar kind se pa mors

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK IS K van M, is 23 jaar oud en ek en my outjie gaan al vier jaar uit.Antie, ons baby is drie jaar oud.My ou, S, is 15 jaar ouer as ek en ek is baie lief vir hom.Hy was nog getroud toe ons mekaar ontmoet het en ons was baie verlief op mekaar.Hy het toe sy vrou gelos. Ek was baie bly en nie lank daarna nie, was ek pregnant.Antie, ek het daai tyd nog nooit so gelukkig gevoel nie, maar die dag van ons baby se 2de birthday het dinge begin verander.Die dag van haar paartie het S laat daar opgedaag. Hy het gesê dat sy kar gebreek het en dat hy gesukkel het om dit reg te maak.Ek het hom geglo, maar toe ek die lovebite in sy nek sien, was ek nie meer so seker of hy die waarheid praat nie.Toe ek hom oor die lovebite uitvra, sê hy dat dit sy tjommies was wat hom ’n streep wou trek op ’n paartie.Antie, ek het dit maar daar gelos, want ek wou nie my kind se dag spoil nie.Maar toe begin S net al hoe skaarser raak. Ek het gevra wat aangaan, maar hy het net sy werk voorgegooi, en dat hy moeg was as hy uit die werk uit kom.Toe sien een van my tjommies hom met sy eksvrou in die Promenade. Sy het aan my gesê dat hulle hand aan hand geloop het.Ek was so seer en wou dit eers nie glo nie. Maar my tjommie het my ’n pic gewys wat sy gevat het toe S en sy eksvrou by ’n eetplek gesit het.Ek het die meid gebel en haar goed k*k vertel. Maar sy het niks vel oor haar gesig nie en het my net uitgelag.Sy sê toe sy sal met haar kinders se pa seks soveel soos wat sy wil, en daar is niks wat ek aan die saak kan doen nie.Ek het S met die pic gekonfronteer en hy het nie eens try stry nie.Al wat hy gesê het, was dat hy sorry is, maar dat sy vrou hom nog lekker seks gee.Volgens hom is ek altyd moeg en met die kind doenig. Maar ek skeep hom nie af nie, Antie.Ek gee hom dan als in die bed wat hy wil hê, selfs al is ek baie moeg.Ek kan nie glo dat hy so met my maak nie. Hy is nou naweke meer uit as by ons. Seks seker weer sy eks dat dit goed gaan.Hoe kan ek hom weer kry om die rustige man te wees wat ek ontmoet en op wie ek verlief geraak het? – K van M, Mitchells PlainAntie wil nou nie nasty wees nie, maar jy ken van what goes around, comes around, nè?Die einste ding wat jy en hy aan sy arme eksvrou gedoen het, doen hy en hierdie eksvrou nou aan jou.Hierdie eks sien dit natuurlik as die perfekte revenge om jou terug te kry vir wat jy aan haar gedoen het.Een verkeerde optrede maak natuurlik nie ’n ander een reg nie.Maar jou kind se pa, Mister Lovebite, is ’n hoer.Hy gaan jou altyd disappoint en jy sal moet besluit hoeveel langer jy nou nog sy jol-streke maar gaan entertain­.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/haar-kind-se-pa-mors-20190130

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.