Haar man voer nou oorlog met higiëne

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK DINK my man het hierdie hele water­besparingsbesigheid te ver gevat, Antie.Ek mean maar, Day Zero het mos toe nie gebeur nie, maar my man is nou luier as gewoonlik vir was.Kyk, ek is nie ’n snaakse mens nie en was heel oukei daarmee dat hy begin het om ál oor ’n tweede dag te was.Hy werk van die huis af en kom nie baie met die kliënte in kontak nie.Maar sedert laat laasjaar het hy besluit om net een keer ’n week te was.Nou, Antie weet mos dis steeds somer by ons. En die weer kook mos deesdae.StukkieNou moet ek in dié bedompige weer saans lê langs ’n pad wat ruik soos ’n disastrous kombinasie van uiwe en olywe.En dan wil hy nog ’n stukkie ook hê, terwyl dit vir my tydens seks voel asof ek besig is om te versmoor.Selfs die kinders skaam hulle morsdood vir hulle pa.Ek het met hom hieroor gepraat, maar hy sê hy doen net sy deel vir die environment.Antie, ek kan dit nie meer uithou nie. Hoe convince ek hom dat hy man-alleen nie die environment kan save nie? –Stinky Se Vrou, WhatsAppEeuww, vir uiwe en olywe … Klink anyway vir Antie meer soos “ou lywe”.Jou man wil ’n environmental warrior wees, maar hy maak jou ’n worrier.Nee, kyk, ons almal is dankbaar dat ons damme toe nie opgedroog het nie, maar wat nooit moet opdroog nie, is ons sense vir hygiene.Dit klink asof dit moeilik gaan wees om hom te oortuig om sy oorlogvoering met water te laat vaar.Een keer ’n week?! Nee wat. Dit vra mos vir die uitbroei van kieme en watsegoeters.Antie kan nou ook maar net ima­gine watter klankies hang daar nie als in jul huis rond nie.Amper so asof hy family van die dood is.Moenie moed opgee nie. Laat hy om elke hoek en draai remind word dat water sy vriend is.Hopelik raak hy moeg van julle “gekarring” en besluit om weer water se hand te skud.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/haar-man-voer-nou-oorlog-met-higiene-20190207

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.