Hannah: Vier hoor hul lot

Please log in or register to like posts.
News
Hannah: Vier hoor hul lot

Uitspraak in die Hannah Cornelius moordsaak is huidiglik aan in die Kaapse hooggeregshof.Vernon Witbooi, Geraldo Parsons, Eben van Niekerk en Nashwill Julies staan tereg op 10 aanklagte wat Hannah se moord en verkragting insluit. Hulle is ook aangekla van verskeie rooftogte wat hulle op dieselfde dag gepleeg het asook poging tot moord deur dat hulle Cheslin aangerand het en vir die dood gelaat het.Hannah en Cheslin het voor sy woonstel in Birdstraat in Stellenbosch gesit toe die vier man’s hulle  glo oorrompel, beroof en ontvoer.Regter Rosheni Allie lees nou haar uitspraak in die saak uit.Die hofsaal is vol gepak en familielede van Hannah is ook tussen die hofgangers. Dit is die eerste dat hulle in die hof is.Cheslin is nie in die hof nie.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply