Heeltyd blind oor kerkkind | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Heeltyd blind oor kerkkind | Die Son

ENKELE ure voordat Suleiman Bassier in ’n koeëlreën gesterf het, het hy hom vererg oor hy ’n dance battle teen ’n gay man verloor het. Só het Sidwell Peters (19) se buurvrou Sharon Lambrecht in die Kaapse hooggeregshof getuig oor die dag toe Bassier (27) vermoor is. Peters loop hof vir dié hit en die moord op Charneal Carstens (7). Bassier is op 25 Oktober 2015 by The Range in Elsiesrivier doodgeskiet. Charneal is dood nadat ’n dwaalkoeël haar in die wang getref het tydens ’n bendeskietery van die Terrible Josters op die Horribles. Hierdie voorval het op 11 Desember 2017 gebeur. Lambrecht sê sy het Bassier op die dag van sy dood by haar niggie se paartie ontmoet. “Die musiek het net begin, toe begin my uncle wat gay is, te dans. “Bassier het my uncle gebattle, maar verloor. Hy was kwaad en het gevloek. My antie moes met hom praat.”Bassier en drie vriende is toe weg om te gaan drugs rook, is getuig. ’n Meisie het hom daar kom soek. Lambrecht-hulle en nog iemand het haar gaan wys waar hy is. Op pad soontoe het hulle die skote gehoor. “Toe hoor ons Bassier is geskiet.”Sy sê nie een van hulle, insluitend Bassier se meisie, het die skietery gesien nie. “Later het ek gehoor hulle sê Peters is die skieter. Ek kon dit nie glo nie, want hy was ’n kerkkind wat altyd vir sy ouma geluister het. “Hy was nie ’n probleemkind nie.”Lambrecht sê sy’t Peters gesien die oggend voordat Bassier geskiet is. “Sy ouma het toe nog met hom geraas omdat hy nie kerk toe wou gaan nie. Hy het ’n wit T-hemp aangehad.”Die staatsaanklaer, adv. Jolo van der Merwe, het Lambrecht daarop gewys dat Peters in sy eie getuienis gesê het sy ouma het hom uit die huis gejaag oor ’n selfoon van sy antie. “Hy het ook getuig hy het ’n swart hoodie aangehad.”Sy het ook vir Lambrecht gesê sy het nie eintlik haar buurvrou se kind geken nie. “Anders sou jy mos geweet het hy is ’n gangster en hy verkoop drugs.”Lambrecht sê sy het eers later uitgevind Peters is ’n Terrible Joster. Die saak is op 19 Maart weer in die hof vir slotbetoë.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.