Held try kind uit brand red

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N HELD het by ’n brandende huis ingeklim om ’n klein laitie te red – maar dit was reeds te laat.Die geskokte gemeenskap van Gelvan Park in die Baaise North­erns is nou in rou gedompel nadat die seuntjie (4) gister in ’n brand in sy ouerhuis gesterf het.Die brand het om en by 10:40 by die huis op die hoek van Du Plessis- en Aubreyweg in uitgebreek.KindersKapt. Johan Rheeder, ’n polisiewoordvoerder, sê dis nog onbekend hoeveel kinders ten tyde van die brand in die huis was.Twee ander minderjarige kinders het ná die voorval mediese behandeling op die toneel ontvang.Volgens Rheeder was die huishulp gister nog te geskok om ’n verklaring te maak. Hy sê verder die oorsaak van die brand is nog onbekend, maar daar is geen rede om ’n misdaad te vermoed nie.Kyle Zimdahl Kyle Zimdahl, wat by ’n huis oorkant die straat was toe die brand uitgebreek het, vertel hoe hy die vlamme by die huis sien uitskiet het. Hy sê toe hy nader staan, toe hoor hy mense sê daar is ’n kind in die huis. Volgens Zimdahl was ander ouens op die toneel wat onder mekaar gestry het oor wie by die brandende huis moet ingaan. Maar Zimdahl het nie gekibbel nie. Hy sê hy was in daardie stadium vasbeslote om die kind te red.Volgens hom het sy hande en voete lelik gebrand toe hy met ’n leer tot op die huis se dak klim om vensters in die boonste verdieping te breek. Hy sê toe hy binne kom, toe voel dit sy bors wil toeslaan.Zimdahl het verder ingegaan en die eerste twee vertrekke deursoek. Maar hy het niks daar gekry nie en moes eers buite gaan asemskep. Ondersteun: Die vierjarige laitie se ouers troos mekaar.Hy sê hy is toe terug in die huis – dié keer na ’n ander vertrek.Toe hy ’n matras in dié kamer oplig, toe lê die seuntjie bewusteloos daar.Hy sê toe hy die kind sien, was hy verlig omdat hy geglo het die kind leef nog. Volgens hom het die seun nie brandwonde opgedoen nie.Hy sê hy het die kind opgetel, na buite gehardloop en die outjie vir die brandweermanne gegee. Dis toe dat hy begin duiselig voel.Volgens Zimdahl het die paramedics hom onmiddellik suurstof gegee.Hy sê hy was geskok toe hy op die toneel uitvind die kind is dood.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/held-try-kind-uit-brand-red-20181204

Reactions

Nobody liked ?