Help! My stiefdogter is ‘n riller

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK SIT met ’n kind wat nie wil hoor nie.Antie, my stief­dogter is 13 jaar oud en is omtrent ’n terror.Sy wil tot laataand met outjies­ buite staan en gesels en as ek iets daaroor sê, moet ek hoor ek is nie haar pa nie.Haar ma staan my nie juis by nie en sê sy weet nie waaroor ek so aangaan nie.Hierdie einste ma het as teenager swanger geraak met hierdie dogter van haar.En sy wil vir my kom sê ek is onnodig?Ek
en my vrou het twee ander kinders saam en dit is nie asof ek op my
stiefdogter pick nie. Maar snaakse dinge gebeur daar buite.Ek wil net nie hê die kind moet iets aanvang wat sy eendag gaan berou nie.Is dit verkeerd van my om so te dink? – Moedelose Stiefpa­, WhatsAppIn
vandag se tyd moet ’n mens beslis die dinge wat teenagers aanvang, met
valkoë dophou. Maar natuurlik sonder om paranoid te wees.Niks
wat jy gaan sê of doen, gaan werk as jy nie die ma se volle samewerking
het nie. Dié ma, jou vrou, moet vir ’n slag ook sien dat niks gesonds
kan kom uit ’n situasie waar ’n meisiekind saans met seuns uithang nie.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/help-my-stiefdogter-is-n-riller-20190308

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.