Help om 2 lyke in bosse uit te ken

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

SPEURDERS van Uitenhage soek die gemeenskap se hulp nadat die lyk van nog ’n onbekende man in die area gevind is.’n Veewagter het die Uitenhage-polisie op Sondag 10 Maart omstreeks 16:00 in kennis gestel van ’n lyk wat 20 m diep in die bosse langsaan Kuduskloofweg lê. Die lyk is sowat 300 m van die T-aansluiting gekry.“Die onbekende man, wat lyk of hy in sy vroeë 40’s was, het ’n ligblou broek, ’n rooi-wit-en-swart strepieshemp en geen skoene aangehad nie. “Die slagoffer is ernstig aangerand en die doodsoorsaak is trauma aan die kop wat veroorsaak is deur ’n stomp voorwerp,” het kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, gesê.KoeëlwondVoor dit, op Donderdag 17 Januarie vanjaar om 16:00, het ’n gemeenskapslid ook die lyk van ’n ongeïdentifiseerde man in die bos gekry. Dié lyk is naby Kuduskloofweg gevind, sowat 150 m weg van die T-aansluiting wat lei na die R334.“Die man was geklee in blou-en-wit Tomtom-skoene, ’n blou overall en ’n donker hemp. “Nadat die postmortem uitgevoer is, is daar vasgestel dat die oorsaak van die dood ’n koeëlwond in die kop was. “Die geregtelike nadoodse ondersoek is verander na ’n saak van moord,” sê Swart.Die identiteit van die slagoffer is steeds onbekend en die Uitenhage-speurders moet die naasbestaandes opspoor.’n Horlosie wat vermoedelik aan die oorledene behoort het, is op die toneel gekry. Swart sê dis moeilik om in dié stadium te sê of die twee moorde met mekaar verbind kan word. Enigiemand met inligting oor enige van die moorde of die identiteit van die man wie se horlosie gevind is, word gevra op AO Deon Roos te bel by 079 896 8148 of 041 996 4500. Die Stop Misdaad-lyn kan ook gerus gebel word by 08600 10111.Inbellers mag anoniem bly en alle inligting word streng vertroulik gehanteer.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/help-om-2-lyke-in-bosse-uit-te-ken-20190317

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.