Herder se lawyer sê girl lieg

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N LEASE agreement wys dat een van past. Timothy Omotoso se vermeende seksslawe nie by sy mission house in Umhlanga, Durban, seksueel gemolesteer is soos sy beweer nie.So het Omotoso (59) se lawyer, Peter Daubermann, gister in die Baaise hooggeregshof gesê.Cheryl Zondi (22) het getuig Omotoso het haar in 2010 verskeie keer in sy Umhlanga-huis seksueel gemolesteer.Volgens haar kan sy nie onthou of Omotoso haar by ander venues ook seksueel aangerand het nie.VoorgehouZondi het ook getuig sy het in 2010 verskeie kere Durban toe getravel waar sy in die Umhlanga-huis gewoon het.Daubermann het ’n huurooreenkoms van 24 maande tussen die huiseienaar, ene Lucille Jackson, en Omotoso, huurder van die eiendom, aan die hof voorgehou.Die lawyer het Zondi daarop gewys paragraaf 4 van dié ooreenkoms lui Omotoso het die huis van 1 Februarie 2011 tot 31 Januarie 2013 bewoon. Hy het aan Zondi gesê dié huurkontrak is die enigste een.Daubermann het bygevoeg Omotoso het nie voor 1 Februarie 2011 in die huis gebly nie.Vingers“Jou weergawe dat jy in 2010 in die huis gewoon en in daardie tydperk gemolesteer is, is onwaar, want Omotoso het nie die huis voor 1 Februarie 2011 ge-occupy nie.Gister het regter Mandela Makaula past. Omotoso se vrou, Taiwo, wat in die hofgalery gesit het, oor die vingers getik.Hy het aan haar gesê om op te hou om kommentaar te lewer en handgebare te maak terwyl Zondi besig is om te getuig.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/herder-se-lawyer-se-girl-lieg-20181016

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.