Hoë het baie bek – én wagte

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE nasionale minister van polisie sê self in Helenvale is daar nie vir jong mense ’n lewe nie. Bheki Cele het gister met ’n polisiekonvooi gery deur die strate van die bende­geteisterde Helenvale.Genl. Khehla Sitole, die nasionale kommissaris van polisie, lt.genl. Liziwe Ntshinga, die provinsiale polisiekommissaris, en Weziwe Tikana, die Oos-Kaapse LUR vir veiligheid en sekuriteit, het saam met Cele deur die gebied gery.GeleentheidCele het onder luide toejuiging van inwoners gesê: “Ons kan nie toelaat dat bendes ons kinders keer om kinders te wees nie. “Ons moet seker maak dat kinders die geleentheid het om kinders te wees.” Die minister het bygevoeg met dié besoek het hy agtergekom in Helenvale is geen speelparke vir die kinders nie.Hy het die local government en ander staats­departemente genooi om saam te werk sodat die kinders hier ’n “normale” lewe kan begin lei. Cele het gesê ’n mens kan nie ’n situasie hê waar daar nie eens parkies is vir kinders nie.Volgens hom het hy gehoor van die hoë werkloosheidsvlakke en van baie kinders wat nie skool bywoon nie. VermeerderCele het bygevoeg dit is die polisie se plig om die inwoners te beskerm. Volgens hom gaan hulle die getal cops in die woonbuurt vermeerder en gaan die nuut ontplooide taakspan die gangsters ’n harde tyd gee.Die minister het die jong kinders gevra om nie gangsters te idealise en bendes te join nie.Volgens hom werk die polisie hard om die lewe van jong mense in Helenvale beter te maak.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/hoe-het-baie-bek-en-wagte-20181210

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.