Hoës besoek crime hot spots

Please log in or register to like posts.
News
Hoës besoek crime hot spots

DIE anti-bende-eenheid kan ontplooi word in enige gemeenskap waar bendegeweld plaasvind.Só het lt.genl. Khombinkosi Jula, die Wes-Kaapse polisiehoof, gister gesê toe hy Lwandle en Nomzamo in die Strand besoek het.Sy besoek was op versoek van Francois Beukman, die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie.Jula het Maandag die hot spots Sir Lowry’s Pass, Lwandle en Nomzamo besoek.Gedurende die besoek het Jula aandagtig geluister na inwoners se klagtes en hoe hulle meen die polisie hulle dienste kan verbeter.VermoorOp ’n vraag of hulle ’n bietjie gaan skoonmaak in Rusthof en Broadlands Park, het hy gesê die gemeenskappe en polisieforums moet met genl.maj. Andre Lincoln, die bevelvoerder van die eenheid, skakel. Hy het gesê daar sal opgetree word. Die twee gebiede loop deur onder geweld.Die naweek is drie jong mans in bendegeweld in die Strand vermoor. Die voorval het die plaaslike polisieforum genoop om te vra dat die eenheid daar ontplooi word.Jula het benadruk die cops is vasbeslote om bende­geweld met wortel en tak uit te roei.In Lwandle het Jula gaan kyk na die nuwe cop-kantore. In Sir Lowry’s Pass het inwoners gekla oor te min cops by die stasie. Hulle soek ook ’n spesiale taakspan.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply