Hof besluit hoërskool moet sluit

Please log in or register to like posts.
News
Hof besluit hoërskool moet sluit

DIE stukkende Sekondêre Skool Uitzig se deure gaan eindelik gesluit word.Dít is nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof Vrydag ’n aansoek van die skoolbeheerraad dat die skool moet oop bly, met koste van die hand gewys het.Die skool se beheerliggaam, ouers en kinders veg al langer as twee jaar dat die skool moet oop bly en ’n nuwe skool in Ravensmead gebou word.Die skool het erg deurgeloop onder vandale, en daarom het ouers self in ’n stadium begin inspring om die geboue te verf en reg te ruk.Die Wes-Kaapse minister van onderwys­, Debbie Schäfer, is hooggeregshof toe en dié hof het Vrydag besluit die skool moet sluit.Malvern de Bruyn, Cosatu se provinsiale sekretaris in die Wes-Kaap, sê hulle is baie teleurgesteld oor die uitspraak.“Dié oplossing van die minister help nie regtig die probleem nie.“Ons kan nie verwag die kinders moet na ander skole soos Elsiesrivier gaan nie. “Dis gevaarlik en hulle word gerob.”De Bruyn sê die kinders is nie gelukkig nie en wil ’n nuwe skool in Uitsig hê. “Dis ’n hartseerstorie vir die kinders.”Die skool se beheerraad en die onderwysdepartement druk al lank arm oor die probleem.Schäfer het gister in ’n verklaring gesê dis ’n oorwinning vir die kinders, maar De Bruyn stem nie saam nie.BelangSchäfer sê die kinders kan na ander skole gaan waar die fasiliteite en bronne beter is.“Ek het reeds op 3 Maart 2017 besluit om die skool te sluit. “Dit is gedoen in die belang van die kinders.“Cosatu het destyds ook geveg teen die onderwysdepartement en dit het veroorsaak dat die kinders in ’n onveilige skool moes skoolgaan.“Ons moes mobiele klaskamers aanbou en sekuriteit kry, wat baie gekos het.”Schäfer sê as gevolg van al daardie faktore was die skool se slaagsyfer in 2017 vir die matrieks 20% teenoor 70,6% in 2016.Die skool het tans net 87 leerlinge, van wie 13 in gr. 12 is.Cosatu sal vanaand ’n openbare vergadering by die skool hou om oor die saak te praat.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply