Hof besluit vandag | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

VANDAG is die dag wat die Baai gaan uitvind wie nou eintlik sy regmatige burgemeester is.Athol Trollip, gewese burgemeester, en sy garde gaan vandag by die Baaise hooggeregshof bymekaarkom nadat hulle sowat twee weke gelede ’n hofaansoek ingedien het.Op 31 Augustus dié jaar het die DA en sy koalisievennote – Cope, die ACDP en die PA – ’n hofaansoek ingedien om die voortsetting van die raadsvergadering op 27 Augustus nietig te laat verklaar.GeskopDie partye vra die hof om dié vergadering en die besluite wat daar geneem is, dringend te hersien.Trollip is deur middel van ’n mosie van wantroue uit die stoel geskop en Mongameli Bobani (UDM) is as nuwe burgemeester gekies.Die ANC-koalisie het dadelik ’n nuwe onderburgemeester, speaker, hoofsweep en nuwe mayco-lede aangestel.Die DA-koalisie sê ingevolge die wet moes die stadsbestuurder, Johann Mettler, die verkiesing van die speaker gelei het.Nadat Mettler die raadsaal verlaat het omdat daar nie ’n kworum was nie, het Fikile Xasa, Oos-Kaapse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), die vergadering voortgesit.Xasa het Jenny Roestorff gestuur om die vergadering te behartig en die speaker, Bu­yelwa Mafaya (ANC), is in haar teenwoordigheid gekies.Die DA-koalisie sê slegs wanneer die stadsbestuurder nie beskikbaar is nie, moet Xasa iemand aanwys.Die DA-koalisie sê Mettler was heeltyd beskikbaar tydens die “onwettige voortduring” van die vergadering. Mafaya is gekies sonder dat Mettler by was.Die respondente in die hofaansoek is Xasa, Roestorff, die Nelson Mandelabaai-metro, Johann Mettler, Mafaya en Bobani. Ander respondente is Tshonono Buyeye (AIC), onderburgemeester; Bicks Ndoni (ANC), hoofsweep; die ANC; die UDM en AIC en die UF.Die ANC-koalisie het ook sy teenaansoek ingehandig by die hooggeregshof en gevra dat die saak laat vaar word.Volgens dié koalisie het die vergadering van 27 Augustus ’n kworum van 61 lede bereik. Dié kworum het Mbulelo Manyati, ’n voormalige DA-raadslid wat oorgeskuif het na die ANC-koalisie, ingesluit.GeleiIn die affidavit wat Bobani afgelê het, sê hy Mettler het ’n fout begaan deur aan te kondig dat Manyati nie ’n raadslid is nie en dat hulle hom (Mettler) verskeie kere in die hande probeer kry het.Volgens Bobani is dít wat hulle gelei het na die besluit om Xasa te vra om ’n beampte, Roestorff, te stuur.Trollip sê: “Ons glo ons het ’n baie goeie saak.”Bobani sê op sy beurt: “My regspan het uitstekende werk gedoen om die DA se aansoek om ’n demokratiese proses tot niet te maak, te verdedig.“Ek is goed voorbereid.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/hof-besluit-vandag-20180912

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.