Please log in or register to like posts.
News

DIE voorvonnisverrigtinge van ’n veroordeelde moordenaar is gister uitgestel omdat die sielkundige verslag met betrekking tot die killer nog nie voltooi is nie.Riyaad Salegie (27) van Malabar is in Junie verlede jaar skuldig bevind op ’n klag van moord en een van huisbraak met die doel om te roof. Hy is ook skuldig bevind op twee klagte van roof en een van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Sy verhoor spruit uit ’n voorval op 17 Januarie 2016 toe hy die sakeman Bhaven Moodley (37) in sy huis – ook in Malabar – vermoor het. Salegie se lawyer, adv. Charl van Rooyen, het gister gesê die sielkundige het reeds ’n onderhoud met sy kliënt gevoer, maar moet nog met sy familie konsulteer.Van Rooyen het aangedui dat die sielkundige weer op Dinsdag 9 April beskikbaar sal wees.Waarnemende regter ­Lisa Ntsepe het gister genoem dat die voorvonnisverrigtinge ook nie hervat kon word nie weens load shedding en ander administratiewe redes. Sy het toe die hof verdaag tot 9 April. Adv. Ismat Cerfontein kla aan vir die staat.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.