Hoktyd verby | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Hoktyd verby | Die Son

HULLE 11 dae in ’n dierehok is verby. Op Menseregtedag het die Khoisan-aktiviste eindelik hulle bewusmakingsveldtog in die hok beëindig. Dié diereliefhebbers het voor die Oos-Londense dieretuin ’n vreedsame betoging gehou oor die beweerde swak lewensomstandighede van die diere daar.’n Memorandum wat eis dat die dieretuin sluit en die diere verwyder word, is vroeër aan Oscar Mabuyane, die Oos-Kaapse LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme, oorhandig.Hy het gesê hy sal die saak opneem.’n Amptenaar van die Buffalo City-munisipaliteit sou Donderdag namens die burgemeester, Xola Pakati, ’n memorandum van die Khoisan en Ban Animal Trading ontvang het.Hy het egter nie opgedaag nie. In dié memorandum eis die Khoisan dat die dieretuin toegemaak en in ’n botaniese gedenktuin omskep word.“Die Oos-Londen-dieretuin benodig ’n radikale verandering weens die voortdurende lyding van die diere, insluitend die jaguar, die beer, die aasvoël en die bobbejaan, om ’n paar te noem,” sê Christian Martin, ’n Khoisan-aktivis.“As die Khoisan veroordeel ons dié praktyk ten sterkste. “Die diere moet geskuif word en die dieretuin moet onmiddellik toegemaak word,” sê Martin.Die Khoisan meen die daarstelling van ’n gedenktuin sal ook werkgeleent­hede skep.Hulle eis dat die diere geskuif word na reservate, waar hulle in ’n meer gepaste omgewing gerehabiliteer kan word.Donderdag het die Khoisan ’n bewusmakingsveldtog by die Retail Park in Oos-Londen gehou. RegteTalle mense het belangstelling getoon in die saak en ook hulle steun aan die veldtog toegesê.Die Khoisan glo net soos mense regte het, het diere ook regte. Hulle sê hulle staan op en praat namens die diere.Luzuko Buku, Pakati se woordvoerder, het teen druktyd nog nie op Son se navrae gereageer nie.Samkelo Ngwenya, ’n munisipale woordvoerder, het vroeër aan Son op Sondag gesê die munisipaliteit het reeds met ’n proses begin om die jaguar se hok groter te maak, aangesien die huidige grootte nie gepas is vir hom nie.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.