‘Hongerte ly tot dié oortredings’

Please log in or register to like posts.
Nuus
‘Hongerte ly tot dié oortredings’

Update
Port Elizabeth

DIE veroordeelde moordenaar en rapist van die 95-jarige Dorothea Vermaak van Uitenhage het sy vlaag van misdade begin bloot om te oorleef.So het die 19-jarige killer en rapist se lawyer, adv. Jodine Coertzen, gister gesê in­ die voorvonnisbetoog vir Phumzile Mabope van Green­fields in Uitenhage.Benewens die klagte van moord en rape waarop hy skuldig bevind is, het regter D. Chetty Mabope verlede maand ook skuldig bevind op ’n rits huisbraak-klagte, ’n klag van diefstal en roof met verswarende omstandighede.Van die skuldigbevindings hou verband­ met voorvalle elders in Uitenhage.Coertzen het gister in die Baaise hooggeregshof ge­argumenteer dat haar kliënt­ sy misdaad spree begin­ het bloot om te oorleef.Volgens haar het hy dae lank nie geëet nie en op ’n honger maag gaan slaap. Coertzen het aan Chetty gesê Mabope het die twee voorvalle van huisbraak met die opset om te steel en diefstal gepleeg toe hy 16 was.Hy het die res van die misdrywe gepleeg toe hy 17 was.Volgens Coertzen is Mabope­ een van daardie statistieke­ wat deur die cracks geval het. “As sy ouers hom beter leiding gegee het, sou hy nie vandag hier gesit het nie.”Volgens Coertzen is dit jammer dat daar nie vroeër in Mabope se grootwordjare ingegryp is nie.Coertzen het geargumenteer dat kinders van die kwesbaarste lede van die gemeenskap is weens hulle vatbaarheid (vir slegte invloede).Volgens Coertzen is die misdade wat Mabope gepleeg het, ernstig.Sy het die hof egter gevra om die Child Justice­ Act hier toe te pas – waarvolgens 25 jaar tronkstraf die maksimum vonnis is.Coertzen het verder betoog dat ’n vonnis van 25 jaar unjust is en nie ’n regverdige vonnis vir die beskuldigde is nie. Sy het gesê tronkstraf van 25 jaar sal Mabope die kans ontneem om gerehabiliteer te word.Gister is ’n voorvonnisverslag en ’n verslag met betrekking tot ’n slagoffer-impakstudie as bewysstuk by die hof ingehandig.Mabope word Donderdag gevonnis.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/hongerte-ly-tot-die-oortredings-20180917

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.