Hoop vir werkers | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

MET die groot behuisingsprojek genaamd Florida Heights gaan sowat 11 000 werkgeleenthede in Despatch geskep word.Wanneer dié projek binne die volgende vyf jaar voltooi word, sal so 13 000 gesinne ’n dak oor hulle kop hê.Gister het Mongameli Bobani, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, en die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, Andile Mfunda, dié projek bekend gestel.Die projekkoste beloop ongeveer R11 miljard. Die projek bestaan uit twee fases. “As die Nelson Mandelabaai-metro is ons vandag baie trots om die projek te loods. Ons het die commitment gemaak dat Florida Heights een van die katalitiese projekte sal wees wat binne die eerste 100 dae van my burgemeesterskap geloots word. “Ons as die koalisieregering belê R100 miljoen in die projek – en dit is net die punt van die ysberg.“Ons kan nou vir die belastingbetalers wys waarheen hulle geld gaan,” het Bobani gesê.Hy het gesê hulle doel as die munisipaliteit is om mense se menswaardigheid terug te gee in die vorm van ’n behoorlike nedersetting.“Ons mense lewe in shacks. Hulle het geen toilette nie en verlig hulself in die bos. “Ons mense het nie water nie en ook nie hoop dat hulle ooit ’n huis sal hê nie.“Dienslewering moet met dringendheid versnel word,” het Bobani gemaan.VergaderingBobani het ook gesê dat daar met dié projek beoog word om voorheen benadeelde persone te bemagtig, veral swart vroue wat in die konstruksiebedryf werk.Bobani het bygevoeg dat ’n vergadering met alle belanghebbers gehou gaan word sodat klein-, medium- en makro-ondernemings (SMME’s) ook by die projek kan baat vind.“Ons SMME’s sal ook ’n kans hê om deel te neem aan die projek. “Ons wil nie ekonomiese kondisies van daardie SMME’s hê en hulle in die hoofstroom-ekonomie plaas nie,” het Bobani gesê.Die agterstand van behuising in die Metro staan op 80 000 eenhede, maar met dié projek behoort dit ietwat te verminder.Die projek is goedgekeur deur die nasionale departement van menslike nedersettings in die behuisingsontwikkelingsagentskap.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/hoop-vir-werkers-20181205

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.