Hope trane vir perlie kingpin

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N PERLIE kingpin en sy geliefdes het Vrydag in die Baaise hooggeregshof snot en trane gehuil nadat hy en sy makkers vir lank tronk toe gepos is.Regter Mandela Makaula het Julian Brown (32) van Suideinde 18 jaar tronkstraf opgelê. Sy makkers, Eugene Victor (33) van Noordeinde en Brandon Turner (38) van Westering, is elk 15 jaar tronkstraf opgelê.Hulle is vroeër skuldig bevind op klagte van rampokkery (racketering) en die stroping van perlemoen.Makaula het gelas die vonnisse moet gelyklopend uitgedien word.Die regter het ook ál die 204-getuies – behalwe Martin Kriel – kwytgeskeld van vervolging.Makaula het gesê Kriel se getuienis was nie bevredigend.’n Familielid van Brown het kort ná vonnisoplegging in die hofsaal uitgebasuin: “Dié ding gaan my nie breek nie.”Makaula het met vonnisoplegging getuienis aangehaal wat lui perlemoenstropery in die Oos-Kaap het epidemiese proporsies bereik.Hy het gesê dit het die owerhede jare geneem om die perlemoenstropery te ondersoek weens die manier waarop dit plaasgevind het.Volgens hom moes ’n maatskappy eventually aangestel word om die kusgebied te patrolleer.Hy het gesê die gestroopte perlemoen is bestem vir die Chinese mark en word teen hoë pryse verkoop omdat dit daar as ’n luuksheid beskou word.Volgens Makaula gaan die regering groot koste aan om perlemoen in die see te beskerm.Makaula het bevind Brown het vir die duur van die verhoor geen berou getoon nie. Volgens hom het Brown volgehou hy verhuur net duiktoerusting.Makaula het Brown se uitbeelding van die 204-getuies in die saak as unfortunate beskou omdat hy hulle swakhede geken het.Brown het dié getuies clue­less, dobbelaars en dwelmverslaafdes genoem. Volgens Makaula het Brown ’n vorige perlemoen-verwante veroordeling, waarvoor hy ’n opgeskorte vonnis gekry het.Hy het gesê nie eens dié straf het Brown afgeskrik nie.Volgens Makaula het Turner twee verkeersverwante veroordelings wat irrelevant in hierdie saak is.Victor het geen vorige veroordelings nie.Makaula het gesê perlemoenstropery gaan onverpoos voort en die tyd het aangebreek dat vonnis­opsies heroorweeg word. Volgens hom word rampokkery in ’n ernstige lig beskou.Hy het bygevoeg rampokkery hou ’n gevaar in vir die openbare orde en is ’n bedreiging vir ekonomiese stabiliteit.Volgens hom is dit ’n nasionale sekuriteits-bedreiging omdat dit byna onmoontlik is om die kingpins tot verantwoording te bring.Adv. Martin le Roux het aangekla. DRUKKIE: Julian Brown word oorval met drukkies ná vonnisoplegging. Foto’s: THEO JEPTHATRONK TOE: Julian Brown op pad tronk toe.EUGENE VICTORBRANDON TURNERKEER TRANE: Julian Brown keer die traneTOT SIENS: Julian Brown se geliefdes gee hom ’n drukkie voordat hy by die tronk inboek. REGS: Brown se ma omhels hom ná vonnisoplegging.omhels: Julian REGS:

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/hope-trane-vir-perlie-kingpin-20190303

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.