Hospitaal faal oue ná skoppe

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

HY IS hospitaal toe nadat drie mans hom helder oordag oorrompel en hom aanhoudend teen die kop geskop het.Die volgende dag is hy na Port Elizabeth se provinsiale hospitaal, maar toe stuur die mediese mense daar hom glo terug huis toe net met troospilletjies – sonder om die oom te ondersoek.Ronnie Smit (73) se geliefdes is verpletter omdat hy nou buite hoop in die Living­stone-hospitaal in die Baai lê.’n Hartseer Yolanda Erasmus, by wie Smit, ’n wewenaar, ingewoon het, het gister aan Son gesê hy was tot die aanval Maandag blakend gesond en nie chronies siek nie.Sy sê Smit het Maandagmiddag by die huis aangekom en gesê drie mans het hom aangeval. Hulle het hom onder meer aanhoudend teen die kop geskop.Die booswigte het weggehardloop met Smit se geld.Erasmus sê Smit is die volgende dag na die provin­siale hospitaal toe.Volgens haar is die bejaarde man sonder ’n ondersoek summier teruggestuur huis toe met ’n pakkie vitamiene en waterpille.Erasmus sê toe vriende Smit by die huis kom aflaai, kon hy nie op sy voete staan nie. Sy sê sy voete het gesleep toe hulle hom by die huis help indra het.Volgens Erasmus kon dié groep vroue uiteindelik daarin slaag om Smit tot op sy bed te help.“Ek het na hom geroep. Ek het toe geweet hy is in ’n koma.” Erasmus vertel sy het onmiddellik die ambulans gebel. Met ’n gesukkel het die huismense Smit toe in die ambulans gelaai.Daar het paramedics hom op ’n drup gesit en bevestig hy’s in ’n koma. Sy bloeddruk was 207/100.Volgens Erasmus het ’n dokter hulle gebel en laat weet ’n aar het in Erasmus se kop gebars en hy is kritiek. Hy is toe onmiddellik na die Livingstone-hospitaal oorgeplaas.Erasmus sê huilend: “Ek weet hy gaan nie terugkom nie. Hulle moes toetse op hom gedoen en hom daar gehou het.“Terwyl hy in ’n koma was en my hand styf vasgehou het, het ek geweet hy neem afskeid.”Lwandile Sicwetsha, die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement se woordvoerder, het gistermiddag laat nog nie op Son se navrae gereageer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/hospitaal-faal-oue-na-skoppe-20180926

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.