Huisarres is tiener se lot

Please log in or register to like posts.
Nuus
Huisarres is tiener se lot

CALITZDORP. – ’n Jeugdige wat op klagte van huisbraak met die opset om te steel en poging tot verkragting skuldig bevind is, is dié week in die Oudtshoorn-streekhof ’n opgeskorte vonnis opgelê.

Hy is vir 24 maande onder huisarres geplaas.

Die ou (17) van Royal Heights, Bergsig, in Calitzdorp, het skuldig gepleit en erken hy’t op die aand van 9 November 2017 saam met sy neef gedrink.

Verlaat

Hulle is na ’n 21ste verjaardagpaartie in Gamka-Oos en later na ’n vrou se matjoks waar hulle verder gedrink het.

Hy is later alleen terug na die blyplek waar hy die vrou se tablet gesteel en haar probeer verkrag het.

Voorts moet hy 16 uur per maand gratis gemeenskapswerk verrig en nie sy landdrosdistrik verlaat sonder die toestemming van die korrektiewe beampte nie.

Share this page to Telegram

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.