Hulle weet niks | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Hulle weet niks | Die Son

ROBERTSON. – Verskeie gesinne kan teen die einde van volgende maand dakloos wees nadat ’n boer aansoek gedoen het vir ’n uitsettingsbevel teen hulle.Die mense van die Witklippieshoek- en Putsonderwater-plakkerskamp sê egter hulle gaan nêrens nie.Die boer, Heyl Viljoen, het sy aansoek op ’n kennis­gewingsbord naby die plakkerskampe opgerig.In sy aansoek sê hy die mense moet die grond ontruim­ en hul shacks afbreek.By Son se besoek was die meer as 30 huisgesinne baie moerig. Van die mense het nie eens geweet van die aansoek nie. “Dit is die eerste woord wat ons hoor dat ons hier moet padgee,” sê hulle.Elizabeth Mtweta sê drie jaar gelede was sy een van die eerste intrekkers by Witklippieshoek.“Die grond het jare leeg gelê en ek en nog ander gesinne het besluit om vir ons huise hier te kom opslaan­,” sê Mtweta.SwerfVolgens haar is sy soos ál die ander vroue hier jare gelede op ’n behuisingswaglys geplaas, maar tot vandag toe het nie een van hulle huise gekry nie.Nog ’n erg ontstelde vrou, Karen van Staden, sê sy moes met haar kind swerf en onder ’n brug woon.“Ek het gesien hoe mense met hul boumateriaal hier na Putsonderwater beweeg, en ek het ook toe vir my ’n hok kom opslaan,” vertel Van Staden.Volgens die inwoners het ’n amptenaar van die Langeberg-munisipaliteit onlangs vir hulle shacks ’n nommer kom gee.Daar is ook ’n kraan vir die mense aangebring, maar hulle het geen toiletgeriewe nie en moet van die bosse gebruik maak. Nou verstaan die mense glad nie aan wie die grond behoort nie.Magrieta Geel sê hulle is nou stomgeslaan.“Aan wie behoort die grond nou regtig? Behoort dit aan daai boer of die munisipaliteit?” vra Geel. Danny September, ’n voormalige raadslid en nou ’n gemeenskapsleier wat namens die mense optree, sê hy het die issue met die burgemeester, Henry Jan­sen­, opgeneem.AntwoordVolgens September kon Jansen nie sê wie die wettige eienaar is nie.Intussen raak die mense onrustig en hulle wag in spanning vir ’n antwoord.Volgens Norman Everson, die munisipaliteit se waarnemende munisipale bestuurder, ken hulle huise toe aan goedgekeurde mense op die waglys.“Mense wat grond onwettig beset, sal mee gedeal word. Uitsettings op plaasgrond is ’n private aangeleentheid,” sê Everson.Die Kaapse hooggeregshof sal op 27 Februarie oor die mense se lot besluit.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.