‘Hy het nog nie gelewe’

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

IN DIE straat doodgeskiet.Zavier Jassen (17), die kleinkind van die DA-raadslid Pieter Hermaans se broer, is Woensdagaand vermoor.Volgens Hermaans was Zavier, wat in Voisinweg gewoon het, op pad huis toe toe hy in die kop geskiet is.Zavier was ’n gr. 11-leerder aan die Hoërskool Gelvan­dale.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê: “Die polisie het Woensdag omstreeks 19:30 gereageer op ’n klag dat ’n lyk in Sagardweg, Helenvale, gelê het.“By hulle aankoms is die liggaam van ’n 17-jarige seun gevind met ’n koeëlwond in die kop.”Die polisie sê die omstandighede en motief vir die skietery is in dié stadium onbekend.Naidu sê die provinsiale bende-ondersoekspan ondersoek ’n saak van moord.Zavier se naaste familie­lede wou nie teenoor Son kommentaar lewer nie.Hermaans het Zavier beskryf as ’n stil, lieflike seun.“Ons kan nie meer terugsit en kyk hoe ons kinders doodgemaak word nie. Hierdie insident het binne 100 m van die polisiestasie gebeur.”Dis die tweede familielid wat Hermaans so verloor.In September 2016 is Keeno Charles, Zavier se neef, doodgeskiet nadat hy en pelle na ’n geweer gekyk en dit onder mekaar aangepass het.’n Skoot het afgegaan en Charles in die maag getref. Hy is kort daarna dood.Ontevrede inwoners van Voisinweg en omliggende areas het gisteroggend in die Helenvale Resource Centre vergader om hulle griewe te bespreek. Polisiebeamptes was ook teenwoordig.Daarna het almal straat-op geloop na die toneel van die moord.’n Onderonsie het tussen Hermaans en ’n jong laitie ontstaan.Die jong ou het voor die polisie Hermaans gedreig en gesê hy gaan hom kom skiet.VerdwynDit grief Hermaans dat die polisie niks aan die dreigement gedoen het nie.Inwoners het aanhoudend vir die polisie gesê wanneer hulle van die toneel verdwyn, sal nog ’n skietery plaasvind.Lt.kol Mike Grobler van die provinsiale bende-ondersoekeenheid het met inwoners gepraat.TONEEL: ’n Seun hardloop in die pad waar Zavier Jassen doodgeskiet is.SAAMSTAAN: Gemeenskapslede van Helenvale kom bymekaar in Voisinweg.GEVAAR: Dié ou dreig Pieter Hermaans en sê hy gaan hom skiet.Foto’s: DEON FERREIRAPRAAT: Lt.kol. Mike Grobler van die gang unit gesels met inwoners van Voisinweg.Antwoorde: Die polisie ondervra outjies wat in Voisinweg woon.Grobler het aan hulle verduidelik dit is moeilik om die skieters vas te trek as mense te bang is om teen hulle te getuig.Voordat almal vertrek het, het Hermaans gesê hulle moet hom maar kom skiet.“Ek het darem ’n lewe gehad, maar nie Zavier nie. Sy lewe het nog voor hom gelê.“Ons word gefaal deur die justice system en die polisie.“Die lawyers kry bloedgeld van al ons kinders se bloed wat op die sypaadjie lê.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/hy-het-nog-nie-gelewe-20181004

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.