‘Hy kon maar net polisie bel’

Please log in or register to like posts.
News
‘Hy kon maar net polisie bel’

MONTAGU. – “Ek kon my man in die tronk gaan visit het, maar nou moet ek hom by sy graf gaan besoek.”Só sê ’n moedelose Roseline­ Cloete (59) oor haar vermoorde man, Colin (57).Vrydag is Colin Conradie (42) se verhoor vir moord op Cloete weer in die landdroshof op die dorp hervat.Die saak kom nou reeds die afgelope vier jaar aan.Roseline het voor die hofverrigtinge aan Son gesê die dag toe Conradie haar man in die tamatieland betrap het, kon hy maar net die polisie gebel het.Vrydag het Conradie nie die hofverrigtinge bygewoon nie. Conradie se lawyer, Hermie­ Wentzel, het in sy finale betoë gesê Cloete is nie deur Conradie vermoor nie.GetuieWentzel argumenteer Conradie was nie teenwoordig toe Cloete dood op sy plaas gevind is nie.Volgens Wentzel kan dit moontlik wees dat Cloete homself beseer het of deur ander mense om die lewe gebring is.Die staat voer in sy betoë aan dat die getuie wat geroep is in sy verklaring sê Conradie en sy seun, Pollie, was wel teenwoordig toe Cloete en sy pel, Cedras Prins (47), aangerand is.Prins het getuig dat Con­radie­­­ hom en Cloete in die tamatieland betrap het.Conradie het toe ’n plastiekpyp gevat en albei wreed aangerand, het hy gesê.Prins sê hy kon wegkom, maar Conradie het hom in die been geskiet.Cloete se lyk is die volgende dag deur cops en Roseline agter ’n pomphuisie op Conradie­ se plaas, Eilandia, gevind.Die merke aan Cloete se liggaam dui duidelik daarop dat hy met ’n voorwerp doodgeslaan is.Die saak is tot 5 April uitgestel vir uitspraak.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.