Hy wil hê hulle moet met vriende spyker

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaMY MAN en ek is al 12 jaar getroud.Dinge was in die verlede taamlik volatile­, maar darem nog nie op so ’n punt waar ons in die skeihof beland het nie.Daar is ’n paartjie met wie ons baie goed bevriend is. Naweke kuier ons oor en weer.Ek en die vrou is baie goeie vriendinne en my en haar man is sport fanatics wat van braai hou.Sowat ’n maand gelede het ons van ’n kuier by ons vriende gekom, toe my man aan my sê dis tyd dat ons ons sekslewe ’n bietjie opspice.Ek was so geskok. Ek het dan heeltyd gedog alles is fine wat ons seks­lewe betref.Antie, ek moet eerlik wees. My man is nie juis ’n stallion in die bed nie, maar ek is tevrede met wat ek kry.Daar is tye dat ek wens hy kan langer as die paar minute aanhou, maar ek het dit nog nooit in sy gesig gegooi nie.Nou praat hy van sekslewe op­spice. Hy noem toe dat hy en my vriendin se man gesels het – seker as hulle so gesuip by die braaivleisvuur staan.Hulle wil nou partners uitruil.Hy wil nou hê ek moet met sy vriend seks, terwyl hy sy vriend se vrou seks.Ek weet nie of Antie verstaan wat ek verduidelik nie.Nou kyk, Antie, ek is nie uit die oude doos nie, maar hiervoor sien ek nie kans nie.Dit is mos soek vir moeilikheid!Ek het hom so gesê, maar elke keer as hy dronk is, hou hy dik met dié storie.Ek weet nie meer wat om vir die man te sê nie. Gee raad, asseblief! – Vrou van Spulse Man, e-posNee, vrou, Antie weet presies waarvan jy praat!Antie is mos self nie van De Oude Doos-straat nie.Jou man en sy vriend praat duidelik nie net oor sport as hulle so by die braaivleisvuur staan nie.O nee, groepswoeps is hoog op hulle agenda.Alle paartjies het hul tierlantyntjies as dit by seks kom.Die geheim hiervan is egter dat albei partye daarvoor moet kans sien.Jy het dit duidelik gemaak jy is nie by dit nie.Hy, op sy beurt, is veronderstel om jou decision te respekteer.Voordat hy weer die topic aanraak as hy gesuip is, stel Antie voor jy kry hom voor stok (en moet nou nie die arme man met ’n stok te lyf gaan nie). Vra hom straight of hierdie hele spice-gedagte­ van hom nie maar is omdat hy sy vriend se vrou wil spyker nie.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/hy-wil-he-hulle-moet-met-vriende-spyker-20190221

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.